"'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." J10:10
Jare gelede toe my eggenoot my gelos het, het ek gedink dat ek nooit ooit weer vreugde sal beleef nie, tensy my eggenoot terugkom... My eggenoot het my net so voor Desember maand gelos en dit was vir 'n my ongelooflike hartseer tyd. Ek het gedink dat al my vreugde van hom afhang.
Lees asseblief hierdie pragtige gedeeltes uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 1 "Wat is die Oorvloedige Lewe":
Hy is kosbaar—enigiets anders is waardeloos!
Die oorvloedige lewe is een wat oorgegee is. Om alles wat ons wil hê, wat ons dink ons gelukkig sal maak, en al die beheer wat ons dink ons oor ons lewens het, oor te gee (en die lewens van al die mense rondom ons).
Dit het my jare gevat om tot die besef te kom dat enigiets anders werklik waardeloos is. Ek het 'n herstelde huwelik gekry maar was nog steeds nie gelukkig nie, want in werklikheid was dit net my Liefling Here wat my werklik kon vervul en vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om al jou geluk en vreugde in ons kosbare Liefling Here te kry en dan te kyk hoe Hy jou hele lewe verander (en ek sê weer dat dit glad nie beteken dat die Here nie jou huwelik wil herstel nie, want ek glo met my hele hart dat ons kosbare Liefling Here 'n hart vir huwelike het, maar gee jou wil op vir dit wat Hy vir jou beplan.)
Pragtige Janine, wat ‘n tydige getuienis, dit is waar niks het soveel waarde soos Hy nie, in my geval voel ek dat daar nog hartseer is, ek het egter vir my Geliefde gevra dat ek vry wil wees, vry in Hom om te lewe wat baie vriendinne verwys en my begeerte is dat Hy alles moet wees wat ek wil hê, alles waarvoor ek lewe, alles wat ek nodig het, ek het alles gehad en ek het nie gelukkig gevoel nie, ek het alles verloor en ek vertrou dat my Geliefde Hemelse Man sal vul my saam met Hom.
Ek is so bly jy leef reeds daardie pragtige oorvloed lewe…
Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.” Psalm 119:57
https://bible.com/bible/6/psa.119.57.AFR83
Kosbare Viera ek is so jammer dis nog seer, ek weet ons kosbare Liefling Here gaan jou omvou met al Sy liefde.
Dis presies wat ek my Liefling Here gevra het en Hy het my vrygemaak van al die seer en ek weet Hy gaan dit vir jou ook doen kosbare Viera en ek sien uit na die getuienis wat jy nog gaan kom deel.