Ek Was Die Ander Vrou…

"So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie." S30:20

Jare gelede toe my eggenoot my verlaat het vir die ander vrou sou ek nooit ooit gedink het dat ek saam met hierdie gedeelte in Kursus 2, Dag 24 "Deel 1: Die Ander Slagoffer" sou saamstem nie...

Beweeg aan van hierdie uitkykpunt, om nie meer na die AV te kyk as boos nie, ek sal daarvan hou om jou selfs hoër te neem en dinge anders te sien—verstaan dat die AV ook ‘n slagoffer is.

...Want in my kop was ek dan die arme slagoffer wat verraai, verkul en seergemaak was! So toe ek die ander vrou (AV) in my voormalige eggenoot se lewe word, het ek nog boonop gedink ek het die volste reg om saam met hom te slaap. Ek het later by 'n Staanders Bediening uitgekom wat vir my gesê het dat ek niks verkeerd doen om saam met my VOORMALIGE eggenoot te slaap nie. Maar ek kan hulle nie beskuldig nie, want ek moes na die Here geluister het en nie na hulle nie.

Ek was vir jare die ander vrou en toe ek by RMI aansluit het die Here my oë geopen vir die waarheid oor hoe verkeerd ek was en ek het die Here gevra om my te vergewe en ook om my asseblief te help dat ek haar ook vra om my te vergewe. Maar die Here moes dit laat gebeur as dit van Hom af was, want ek kon haar nie bel nie.

Uit die bloute het ek 'n oproep van haar af ontvang wat my gevra het vir 'n afskrif van haar kind se pa (wat ook my kinders se pa is en toe weer my eggenoot geword het) se identiteits dokument (want hy het vir haar gesê om by my 'n afskrif te kry). Ek het geweet dis ons Liefling Here wat die oproep georkestreer het, so ek het haar om vergifnis gevra en vandag kan ek bid dat ons kosbare Liefling Here haar werklik seën (iets wat ek nooit voorheen kon doen nie), want sy was ook 'n slagoffer.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om saam met ons Liefling Here te sit en Hom te vra om jou te help om die ander vrou nie as boos te beskou nie. En as jy geskei is van jou eggenoot, om asseblief nie 'n verhouding met jou voormalige eggenoot aan te knoop nie, dis verwoestend en as jy soos ek in daardie strik geval het, wil ek jou vra om asseblief op te hou, dis nie te laat om op te hou nie. Ons kosbare Liefling Here sal jou huwelik herstel en nie jou eie plannetjies nie.

Lees asseblief ook die Herstelde Huweliksgetuienis van Joy: Dit Was Ek.

4 thoughts on “Ek Was Die Ander Vrou…”

  1. Dankie liewe Janinne vir hierdie herinnering. Trouens, toe ek die lesing van die ander slagoffer lees, het dit baie tyd geneem om haar as ‘n slagoffer te beskou. In my geval het sy dinge gesê wat ek nie aan my aardse man gedoen het nie, en dit het my herinner aan ‘n les van Erin wat oor die keuse om in leuens te glo gepraat het. Maar maak nie saak wat sy aan my man kon vertel nie… elke dag het ek gesê, elke keer as ek van haar gedroom het: “Help my, Here, om hulle te vergewe en haar te vergewe.” En die haat wat ek in my gehad het, het heeltemal verdwyn. Een van die getuienisse wat my regtig geraak het, is Hillary s’n. Deur haar getuienis kon mens die liefde van ons geliefde voel, wat haar in staat gestel het om ‘n vriendskap met die ander vrou te bou. Ek kan sê dat hierdie hele stap ons net kan genees.

    1. Dankie dat jy dit deel met ons kosbare Kateleen, ek kon dit beslis ook nie sonder die Here doen nie en soms nog treiter die vyander my met die verlede en dan moet ek weer van voor af ons kosbare Liefling Here se hulp vra met vergifnis.

  2. Dankie dat jy dit deel, ek is aangemoedig om dit te lees, want baie keer blameer ons die AV vir alles sonder om te besef dat dit eers deur ons hand was en tweedens is sy nog ‘n slagoffer wat God ook nodig het vir Sy liefde en sorg en ons lewensmaat het ook God nodig. Dit is nie iets maklik om te bereik of om daardie punt te bereik om te oorweeg dat hulle nie het wat ons by ons Geliefde gekry het nie en daarom sien en doen hulle dinge anders, hulle is slagoffers van die leuens van die vyand. Die Here in sy groot liefde gee ons die wysheid om te verstaan ​​wat Hy vir ons transformasie gebruik.

    1. Jy is so reg kosbare Jewel, ek weet ek het die ander vrou vir alles blameer en so maklik my eie foute misgekyk. Maar ek kon net tot die besef kom hoe verkeerd ek was, saam met die Here, want op my eie sou ek nie eens tot daardie besef wou kom nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui