DAG 8

GESKEI

BONUS LES

INTIMITEIT

Hierdie getuienisse sal jou aanmoedig om God toe te laat om jou te verander deur Sy liefde en deur te laat gaan en getrou aan Hom te word!!

In die les aan vrouens wie se eks-mans weer trou, vra ons die vraag HOEKOM hulle huwelike nie net in egskeiding geëindig het nie, maar HOEKOM hulle eks-man (weggehardloop) en weer getrou het? 

Dit is waarop ons wil begin fokus. So as jy in staat is om jou gedagtes te HERNU met die beginsels in hierdie afdeling van die lesse, dan sal jy jouself nooit kan indink hoe vinnig jou herstel kan omkeer nie.

 As jy gereed is, kom ons begin. Dit mag dalk brutaal klink, maar as jy vasbyt, is jy oppad na herstel soos geen ander!! Hier gaan ons...

Van jare se bediening aan vrouens (en mans) en om ‘n voorste ry sitplek te hĂȘ om te aanskou hoe huwelike wat na ons toe kom wanneer hulle uitmekaar is, aanbeweeg na skei, en die wat geskei is opeindig met hulle gades wat weer trou, is daar een algemene patroon wat dit veroorsaak het.

Dit is omdat hulle gefaal het om hulle huwelike en mans te LAAT GAAN, asook dan later die eks-man. EN die hoof rede het niks met die man te doen nie, dit is as gevolg van jou wat NIE aan God vasklou nie—die HERE is nie EERSTE in jou lewe nie. Jy mag glo Hy is, maar die vrugte spreek anders.

Om nie te laat gaan nie en ook voort te gaan asof jy getroud is wanneer dit kom by intimiteit. Daar is egter geen beter manier om herstel te voorkom deur met ‘n eks-man te slaap nie.

Hier is ‘n HERSTELDE Huwelik Getuienis van Sabrina in Georgia, “Misluk om te Weerhou” wat jou sal aanmoedig om jouself te weerhou van intimiteit terwyl jy geskei is.

Aan Hulle Vrugte sal Julle Hulle Ken

Matt. 7:15-20 sĂȘ vir ons, “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken”. Wat is sover die vrugte van jou staan, agterna te sit en sover nie jou man te laat gaan nie? Is jy enigsins nader aan herstel?

Wat is die vrugte van jou wat voortgaan om te maak asof jy getroud is wanneer jy in werklikheid nie is nie? Miskien deur intiem met jou eks te wees, al praat hy daarvan om die AV te los en weer met jou te trou, gebeur sy beloftes nooit nie—is jy bereid om op hierdie manier te lewe?

Meer oor Intimiteit

Sodra jy begin om te verander, en die twisgierige vrou met ‘n stil en sagmoedige gees te vervang, en ook te laat gaan van jou man, sal jy Goeie Vrugte begin sien. Gou sal dinge begin omkeer tot die punt dat jou eks-man moontlik sal wil begin om weer intiem met jou te wees. Die absolute ergste ding wat jy kan doen is om te maak asof jy nog getroud is en met jou eks-man te slaap.

Toe my man my gelos het, en na ‘n jaar vir my vertel het dat hy deur die ander vrou gedruk word om my te skei, het ek na God toe gegaan met dit wat vir my vertel het, wel, sou deurgaan. Hy het my egter verseker dat dit nodig was vir die getuienis. Nie lank daarna nie het Hy my begin voorberei op die “verandering” in my situasie. Toe ek begin verander het, het ons intimeit weer begin al was ons uitmekaar en het hy saam die ander vrou gebly. Maar toe die egskeiding deurgegaan het, het die Here vir my gesĂȘ, dat as ons weer intiem sou wees, dit sou wees soos twee persone wat nie getroud was nie—en dit sou verkeerd wees!

My gesukkel het begin om te weet of ek hom moes waarsku oor hoe dinge sou verander, maar ek het geweet dat hy dit sou sien as ‘n taktiek om hom te probeer kry om die egskeiding te stop, so ek het die beginsel in Spreuke 17:28 gevolg “As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse.”

Omdat ek nie die egskeidingsverhoor bygewoon het nie, maar by “afwesigheid” verloor het, was ek nie seker of die egskeiding deur gegaan het of nie, so ‘n dag of twee na die hofdatum, het ek my man gevra of dit toegestaan was. Toe hy gesĂȘ het dat dit toegestaan was, het ek geweet om NIE weer intiem met hom te verkeer nie, nie totdat ons weer wettiglik getroud was nie. Dit het nie gegaan oor my man of my eks-man nie, maar oor God.

Die redenasie dat ons “in God se oĂ«â€ getroud was, is ‘n lokval uit die put van hel. Baie vrouens wat gebruik en misbruik is en nooit wettiglik getroud is nie, gebruik dieselfde leuens—vrouens wat lelik daardeur seergemaak word. Ek het geweet dat God my wou beskerm en dat ek aan my hemelse Vader behoort het, wat nie sou wou hĂȘ het dat ek gebruik word nie. Hy wou gehad het dat ek rein bly en wag vir my eks-man se hart om teruggedraai te word na my toe en weer met my te trou.

So later daardie dag toe my ex-man gesellig met my begin word het, het ek geweet dat ek iets sou moes sĂȘ. Ek het weg van hom af beweeg en hom vertel dat aangesien ons nie meer wettiglik getroud was nie, ons nie meer intiem kon verkeer nie. In die begin het hy gedink ek maak ‘n grap, maar toe hy begin besef het dat ek ernstig was, het hy begin om die gedeelte in Die Skrif van “een vlees” aan te haal. Ek het egter vir hom gesĂȘ dat ons nie wettiglik getroud was nie en dat ek die wet gehoorsaam moet wees, net soos voor ons getroud was.

Berustend, het hy gesĂȘ dat hy my besluit sou respekteer maar het nogsteeds voortgegaan om my te soen. Ek het weggetrek van hom af en hom laat weet om dinge te STOP voordat dit te ver gaan en dat dit reg vir hom sou wees omdat hy terug gaan na sy woonstel toe waar iemand vir hom gewag het om mee intiem te verkeer (die AV), maar dat ek alleen agterbly en niemand gehad het nie. Dat om te hartstogtelik te word te moeilik sou wees en dat net ‘n vinnige hallo en totsiens soen was wat ons van nou af sou doen.

Ja, dit is toe dat hy uitgestorm het, net soos ‘n tienerseun wie se meisie nie seks met hom wou hĂȘ nie, maar ek het geweet dat dit deel van God se plan was om my te herstel. Ek het onthou wat my ouma gesĂȘ het, dat “mans nie die koei sou koop terwyl hulle verniet melk kon kry nie.” Ek wou weer trou en nie net ‘n owerspeelster soos die AV word nie, so ek wou nie net ingee nie. Maar raai wat? Dis toe dat my eks-man begin het om agter my aan te loop!! Hy het so soetsappig begin, dat ek seker was dit was om my weer terug in die bed saam hom te kry, maar ek wou nie ingee aan my toewyding om rein te bly en te wag tot ons weer getroud was nie.

Dit het minder as ‘n week vir hom geneem, wat my agternasit het met liefdevolle verklarings, geskenke en elke manier om my terug te wen, voordat hy verklaar het: “Deur van jou te skei was die GROOTSTE fout van my lewe!!” Het ek voortgegaan om met hom te slaap, twyfel ek of ek ooit daardie woorde sou hoor! Hy het my vertel dat seks met haar aaklig en gespanne was. Eventueel het hy op die bank begin slaap. Dit het sy begeerte na my versterk, en nou hou hy aan om my te vertel hoe spyt hy was dat hy my geskei het. Ek hou daarvan om dit te hoor!! Sekerlik, hy kon gaan soek het of met ander vrouens begin slaap het, maar wanneer ‘n man iets wil hĂȘ wat hy nie kan kry nie, is dit in sy natuur om dit selfs meer te wil hĂȘ. 

Wat as jy alreeds met jou eks-man geslaap het?

Soos met alles, is dit nooit te laat in God se oĂ« om Hom en Sy Woord te begin vereer nie. Begin reg daar waar jy nou is en volg die waarheid van Sy woord wat sĂȘ “die waarheid sal jou vrymaak.” Wees eerlik en erken dat jy nie meer wettiglik getroud is nie; daarom is dit verkeerd om met enige man intiem te verkeer.

Laat jou eks-man weet oor jou nuutgevonde skuldbevinding, en maak dan baie seker dat jy jouself nooit in die situasie plaas waar dit ooit weer kan gebeur nie. Bly weg van hartstogtelike soene en selfs as jy nie in die omtrek is nie (of wanneer hy is) moenie flieks kyk wat daardie passie in jou sal aanvuur nie. Gedurende die tyd wat ek my weerhou het van intimiteit, het ek baie gevas, wat my gehelp het om my vleeslike begeertes dood te maak. Maar wat my die meeste gehelp het was om hom nie te soen of naby hom te kom nie, wat gemaak het dat my eks-man my selfs meer wou hĂȘ!

MEER Getuienisse

“Dankie dankie dankie ek het gedoen wat julle gesĂȘ het en kort daarna wou my eks met my slaap. Maar omdat ek God en Sy Woord wou vereer, het ek vir hom gesĂȘ dat ek is so jammer is, maar dat ek net nie kan nie. Soos julle gesĂȘ het, het hy alles probeer, toe het hy een oggend op die punt van die bed gesit en onbeheersd begin huil. Ek het teruggestaan en wou hom nie troos nie omdat dit kon lei dat ons intiem begin raak en ek het dit geweet. Dit het hom net nog meer droewig gemaak en hy het die ander vrou begin vloek wie hy gesĂȘ het hom gemaak het om van my te skei. Ek is nie seker of dit waar is nie, maar van daardie dag af praat hy aanhoudend oor hoe hy die ander vrou gaan los en ons praat oor trouplanne!! Hy wil my op die wittebrood neem wat ons nooit gehad het nie omdat hy ‘n deel van sy lewe mis wat ons as man en vrou gehad het!!—dit is soos ‘n splinternuwe begin. Toe hy eers begin praat het van weer trou, was dit net om hof toe te gaan en dit weer wettig te maak. Nou wil hy hĂȘ ons moet ‘n mooi troue hĂȘ met ons kinders, vriende en sy familie. Wow, doen dinge op die regte manier, God se manier, wat vol seĂ«ninge is wat ek myself nooit kon indink nie!!!”

Judy in Wisconsin

~~~~~~~~~

Liefste Erin, soos jy en almal wat my uit my Bio ken, het ek in dieselfde slaggat geval deur met my eks-man te slaap nadat ek na die opname: “Sex and the Stander” geluister het toe hy weer begin omkom het—en hy het my gou weer gelos vir ‘n ander vrou. Ek hoop almal leer uit hierdie groot fout wat ek gemaak het. Ek persoonlik glo dat die enigste manier om hierdie lokval van die vyand te vermy, is om die beginsel van “laat gaan” te volg en aan die Here “vas te klou” en Hom as jou Man te neem.

Hierdie onderwerp (laat gaan) en die slaggat om te verlang na “verbode vrugte” kon makliker op sigself ‘n hoofstuk gewees het, omdat daar so baie getuienisse is wat hierdie beginsel bekragtig wanneer dit gevolg of ignoreer word. Mag julle geseĂ«n word wat hierdie diepsinnige waarhede gedeel het om ons van vernietiging te help red. Ek wens net ek het dit voorheen geweet en gevolg en as ek dit gedoen het, is ek seker dat ek nie nou nog vir herstel sou wag nie, dat dit alreeds sou gebeur het!

~Helen in Louisiana

As jy van ‘n “staanders” agtergrond af kom, sal ek jou aanmoedig om op Helen se naam te klik en deur haar bio en vorige Aanmoedigers te lees om te leer oor die slaggate van hulle onbybelse taktieke. Helen is baie deursigtig oor hoe hulle nie werk nie en hoe jy vir ewig ‘n “staander” sal bly.

En omdat intimiteit ‘n moeilike onderwerp is, word dit ook in die V&A boek gedek wanneer vrouens van hulle mans geskei is.

 VRAAG: Die egskeiding het deur gegaan so, natuulik, gaan intimiteit nie gebeur nie?

ANTWOORD: As die egskeiding deur gaan het, is intimiteit verbode TENSY jy geskei wil bly. As jy jou eks-man wil hertrou dan moet jy doen wat reg is sodat God jou sal eer en jy Hom sal eer.

VRAAG: [Staat: Kalifornie. Huidige Huweliksstatus: geskei.] My man en ek het geskei maar het weer terug bymekaar gekom (ek het met my twisgierige houding my huis afgebreek). Ek het geloop en later besef dat dit ‘n fout was, maar dit was te laat, hy wou my nie terug gehad het nie. Nadat ek julle boek en werkboek gelees het, het God begin beweeg, ons het mekaar begin sien en met mekaar gepraat. Nou is ek swanger en hy is ontsteld en kwaad en wens ons het nooit weer met mekaar begin praat nie. Wat doen ek nou? Bly ek weg? En laat hom afkoel of moet ek nog steeds ‘n vrou vir hom wees? Hy wil selfs hĂȘ dat ek ‘n aborsie moet kry


ANTWOORD: Jy moet hom tyd gee deur vir ‘n rukkie apart te bly. Bid dat God sy hart na jou en die baba toe sal terugdraai. Jy het genoem dat jy geskei is, toe weer terug bymekaar. Het jy weer getrou, of was jy nog steeds geskei toe julle weer intiem geraak het? Ek is seker in die boek wat jy gelees het, dat sodra ‘n egskeiding plaasgevind het, jy nie intiem moet wees nie. Wanneer ‘n regter beslis dat jy nie meer getroud is nie, moet ons gehoorsaam, “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God” (Rom. 13:1). Ek het baie tragedies gesien wanneer dit oortree word. Daar is nagevolge vir die oortreding van God se Woord, selfs al was dit onwetend. “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie” (Hos. 4:6).

As jy intiem was terwyl jy geskei is, moet jy dit voor die Here bely. Bid dan vir ‘n geleentheid om voor jou man te bieg. Onthou wanneer jy met hom praat, om in te stem, met ENIGE IETS wat hy sĂȘ, of bly stil. (Matt. 5:25) As hy jou weer vra om ‘n aborsie te kry, sĂȘ vir hom dat jy daaroor sal moet bid. BID DAN!! Aangesien julle nie meer getroud is nie, word daar nie van jou VEREIS om onderdanig te wees nie. Toe jou man van jou geskei het, het hy daardie voorreg verloor, so die baba is in geen gevaar nie.

Wanneer ‘n vrou ‘n begeerte het om haar huwelik te herstel, onderwerp sy haar self GEWILLIGLIK. Dit is haar keuse om dit te doen as ‘n voorbeeld van haar geloof dat haar huwelik herstel sal word. Dit is wat ek gedoen het. Nietemin, as ek gevra was om teen God te sondig, soos wat jy gevra was om te doen, sou ek nie gewilliglik myself onderwerp het nie. Nietemin, ‘n vrou wat getroud is moet in ALLE dinge onderwerp, en vertrou dat die Here haar getrou sal uitlewer—omdat Hy getrou IS!!! “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees” (Efe. 5:24). Selfs al is ons mans ongehoorsaam aan die woord soos Abraham was. “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal julle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys... as julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters” (1 Pet. 3:1-2,6).

VRAAG: My man het in Julie van my geskei. Voor ons geskei was, was ek en hy nog steeds intiem. Ek het gewonder of ek hom moet verwerp indien hy nou intiem sou wou raak. Ek is verward daaroor omdat Die Skrif sĂȘ “ons is saam gevoeg tot die dood” maar dan is daar egskeidingspapiere wat deur die mensdom ingestel is. Wat verdring die ander? In my hart voel ek nie om van hom geskei nie maar ek is seker dat dit is hoe elke vrou voel. Ek bekommer my dat sy begeertes die oorhand sal kry, omdat hy gesĂȘ het dat hy ‘n vasektomie wil kry sodat hy nie weer ‘n fout maak en nog ‘n baba verwek nie. Ek weet hy sien iemand en ek is seker sy sit druk op hom om intiem te wees. Wat beveel jy aan moet ek oor hom, myself en haar bid aangaande die situasie?

ANTWOORD: As jy die vrouens se herstelboek het, kan jy die antwoord aan die einde van die eerste hoofstuk vind. Basies is Die Skrif duidelik dat God ons as een vlees sien, maar Hy sĂȘ ook vir ons dat ons onder die wet is vir ons beskerming. Die wet wat sĂȘ jy is geskei; daarom, wettiglik is jy nie meer getroud nie.

Jesus het die wet gevolg deur belasting te betaal en Homself toe te laat om gevang en vervolg te word. Hy het Homself nie bo die wet geplaas nie; ons kan niks minder doen nie.

“Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. ‘n Mens hoef nie vir di owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf” (Rom. 13,:1-4).

Nog ‘n onlangse getuienis oor laat gaan:

“Julle metode werk!! Sodra ek aangekondig het dat ek eintlik verlig was oor die egskeiding (het ek eintlik die woord “verlig” gesĂȘ) en beklemtoon dat ek “so bly vir hom was,” en het sy gesig boekdele gespreek. Hy was geskok! Ek was nie meer die een wat hom terug gehou het van sy nuwe lewe af nie. Ek het opgehou om te smeek, huil, en om by hom te pleit. Dit was die eerste keer wat hy nie probeer het om weg van my af te kom nie...sy patetiese vrou in wie ek verander het!! Daardie dag het hy eintlik teruggesit en wou vir nog ‘n rukkie bly.

Maar soos julle gesĂȘ het, om dit so kort as moontlik te maak, was die veiligste, so ek het gelukkig opgestaan en gesĂȘ dat ek ‘n afspraak het (en het beplan om ĂȘrens stil te gaan parkeer en God te bedank dat Hy my gehelp het!!). Ek het geglimlag en hom op ons sitkamerbank gelos! Dit was die eerste keer wat ek op hom uitgeloop het. Nee ek speel nie speletjies nie. Ek weet net dat ek uit sy pad moes kom en dat ek reg sal wees om vir altyd en gelukkig saam met die Here te lewe, wie ek weet my nooit sal los nie. Wat opwindend is, is dat wat julle gesĂȘ het gewerk het. Dit werk regtig!! Ek weet daar is nog baie wat voorlĂȘ maar ek is so bemoedig deur hierdie verandering!!

Ek wil wel Sy wil hĂȘ en nie meer myne nie. Maar ek moes net vir almal van julle daar buite skryf wat hierdie egskeidingsding teĂ«gestaan ​​het en so bang is soos ek was dat hy die egskeiding aanhangig gaan maak. Moenie wees nie. As jy vir God sĂȘ dat Hy alles is en jy op Hom vertrou en dan uit die pad kom en jou man laat gaan, sal alles omkeer.

Tot dusver het ek niks meer van my man oor die egskeiding gehoor nie. In plaas daarvan bel hy my heeltyd en tel ek net die helfte van die tyd op. Ek wil hom die vryheid wys wat hy gesĂȘ het hy wil hĂȘ. Maar soos julle gesĂȘ het nou dat hy het wat hy wou gehad het, is dit nie wat hy gedink het dit sou wees nie.

Dankie dankie dankie!

~ ~ ~ ~

”Ek skryf net om vir julle te sĂȘ dit werk, dit werk, dit werk!!??!! Ja ek is nog steeds in skok want dit het eers gelyk of dit teruggeskiet het na my toe. Ek is nie seker nie maar ek dink dit was omdat ek bang was en my man dit kon aanvoel. So hy het dus verlig gelyk dat ek gesĂȘ het dat ek oukei is met die egskeiding en ek het gedink dat ek dit groot opgemors het.

My grootste stryd was om nie terug te gaan om hom by hom te pleit of te smeek nie. Ek het uiteindelik my selfoon in die kar gesit sodat ek nie in die versoeking sou kom om hom vinnig terug te bel nie en na daardie aand het ek besef dat ek nie weer in sy pad sou staan nie. As dit is wat hom gelukkig maak, wou ek hĂȘ hy moes gelukkig wees. Ek wou nie hĂȘ dat hy met my opgeskeep moes sit nie; wie wil dit hĂȘ?

Dit is waarskynlik hoekom dinge daarna verander het. Toe hy sy goed by die huis kom haal het, was my hart meer gerus en kon ek meer op God vertrou. So hierdie keer toe die egskeiding weer ter sprake gekom het, toe hy loop nadat hy die kinders afgelaai het, het ek entoesiasties gereageer en hom laat weet hoe bly ek vir hom was en ook hoe opgewonde ek oor al die planne wat ek vir MY toekoms gehad het was (alhoewel ek nie gesĂȘ wat daardie planne was nie, of met wie hulle was nie, net 'n "gevoel wat ek gehad het" was al wat ek gesĂȘ het). Dis toe dat ek dit gesien het. Hy wou nie regtig van my ontslae raak nie hy wou net vry wees van die maniak wat ek geword het. Ek het verseker al die kenmerke van die twisgierige vrou wat in julle boeke genoem word gehad.

Daardie middag het ek geweet dit is die roete wat ek vir altyd sou neem. Deur te laat gaan was die regte manier en nie weerstand te bied nie, maar om entoesiasties te raak oor die egskeiding. Sekerlik, dit kan deurgaan, die meeste doen. Maar ek sal nooit ’n kans hĂȘ vir ’n gelukkige toekoms as hy verlig is om van my ontslae te raak nie, of hoe?

Elke keer wat my man omgekom het of gebel het (wat hy nooit voorheen gedoen het nie, maar begin doen het sedert daardie middag), het ek al hoe meer entoesiasties geraak oor die egskeiding en my nuwe lewe en sy nuwe lewe en hy kon sien dat dit opreg was. Vir my beteken dit as dit die egskeiding kos om hom te laat besef en vry te voel om terug te kom na my toe, dan is dit reg met my. Ek het nou die Here wat wonderlik is. En as die egskeiding deurgaan het ek ‘n keuse of ek sy voorstel aanvaar of nie, ha ha ha. Dit is soveel beter as om elke aand in my kussing te huil.”

Sy Wil

Ons stel NIE voor dat jy gaan van om nie ‘n egskeiding te wil hĂȘ nie na om ‘n egskeiding aan te hits nie! Ons doel is om te beweeg van vrees en weerstand na vertroue op God en om uit jou man se LEWE te kom.

Ons metode werk so goed dat ons te dikwels gevind het dat vrouens na die ander uiterste gaan. Selfs so ver as om vir ‘n egskeiding te vra sodra hulle man dit laat vaar het. Dit is nie wat ons voor staan ​​nie. God haat egskeiding en Hy verander nooit nie!

Tog gee Hy ons 'n keuse.

Om alles ten volle te verstaan wat God ons leer oor die huwelik, skeiding en om die ongelowige huweliksmaat te laat gaan, sal dit 'n goeie idee wees om die hele hoofstuk van 1 Korintiërs 7 vir EEN week elke dag te lees en spesifieke gedeeltes te merk wat ek hieronder sal verduidelik.

KLIK HIER om die HELE 1 Korintiërs 7 te lees

1. As jou man instem om by jou te bly (wat gaan gebeur as jy die beginsels volg om nie die egskeiding te weerstaan ​​nie en daardie Liefde van jou lewe te vind), moet jy hom nie wegstuur nie, maar instem om saam met hom te bly.

vers 13 Want as ‘n vrou met ‘n ongelowige man getroud is en sy gewillig is om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie.

2. Terwyl jy nog wettig getroud is (of jy nou uitmekaar is of nie en of hy by iemand anders betrokke is of nie), sĂȘ die Bybel, sĂȘ God, jy moet voortgaan om intiem te wees op jou man se versoek.

vers 4 Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

vers 5 Hou op om mekaar te ontneem, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd.

3. SLEGS as God kies om toe te laat dat ‘n egskeiding deurgaan, is dit wanneer jy jou van intimiteit moet weerhou. Maar as jy nog getroud is, is dit belangrik dat jy intiem bly. In Erin se getuienis is dit een van die sleutelkomponente wat volgens haar man gemaak het dat hy sy fout besef het, teruggekeer het na die Here en terug huis toe gekom het.

4. Moet nooit jou man verlaat of intimiteit weerhou nie, wat kan gebeur sodra hy jou terug wil hĂȘ en jy sedertdien die Here gevind het en Hy die liefde van jou lewe geword het.

vers 10 Die getroudes beveel ek - nee, nie ek nie, maar die Here - dat ‘n vrou nie van haar man mag skei nie.

5. Verstaan ​​ook dat sodra jy vry is van vrees en moontlik vry van jou huwelik, jy nooit vry is om weer te trou nie. Jou enigste keuse vir die huwelik is om met jou man versoen te word, wat ons sterk aanbeveel dat jy God toelaat om te doen as jy minderjarige kinders uit hierdie huwelik het.

vers 11 moet sy daarna ongetroud bly of haar met haar man versoen.

 

Getuienis

‘n Vrou uit KaliforniĂ« het aan my geskryf oor die herstel van haar huwelik. Dinge het goed verloop vir hulle albei en beide ek en sy was hoopvol dat haar huwelik spoedig herstel sou word. Op ‘n dag het sy egter deur ‘n vriendin gehoor dat haar man met die ander vrou getroud is. Moedeloos het sy vir my geskryf, “Wat nou?” Ek het met van wat jy sopas gelees het met haar gedeel. Sy het terug geskryf en my bedank. Sy het gesĂȘ die oomblik wat sy tevrede met God se oĂ«nskynlike wil vir haar lewe geraak het, en sy haar wil vir Syne prysgegee het, was sy in vrede en tevrede om ‘n enkel lewe te lei, nooit weer te trou nie (sy was in haar vroeĂ« dertigs).

Binne ‘n jaar, het sy vir my geskryf en gesĂȘ dat haar vorige man haar gekontak het. Hy het gesĂȘ dat hy besef dat hy die grootste fout van sy lewe gemaak het! Dat hy en sy vrou alreeds uitmekaar is en ‘n egskeiding aanhangig gemaak was. Hy wou geweet het of sy dit sou oorweeg om weer met hom uit te gaan en of sy dit net sou oorweeg na hy wettiglik geskei is. Hy het vir haar gesĂȘ dat dit sy voorneme was om weer met haar te trou as sy hom wou hĂȘ! Sy was nie gevlei of borrelend nie, INSTEDE daarvan het sy hom gevra om haar NIE weer te kontak nie aangesien hy nog ‘n getroude man was. ‘n Paar maande later het hy haar weer gekontak, en gesĂȘ dat sy egskeiding finaal was, en hy het haar weer en weer begin vra om met hom uit te gaan. Uiteindelik het hy haar oorreed en hulle is weer getroud en verwag hul eerste kind.

Ek het die beginsel van om ‘n man HEELTEMAL te laat gaan, aan elke vrou wat na ons toe kom vir hulp gedeel. Maar selfs meer duidelik aan die wie se mans weer getroud was. So ver het almal behalwe een die beginsel van die hand gewys—almal behalwe hierdie een wat nou ‘n herstelde huwelik het. Hierdie EEN vrou was nog nooit by ‘n Verbond=gebaseerde bediening nie. Sy het nog nooit van “verbond” huwelike gehoor nie, ‘n term wat uit ‘n Skriflesing in Maleagi geneem is. In ons bediening, het ons nog nooit een man of een vrou gesien wat terugkeer na ‘n hertroue nie, behalwe hierdie EEN. Maar weer, laat ek beklemtoon, dit was die enigste

Toe hy alleen gelos was, het haar vorige man die volle impak van sy verkeerde besluit om met die ander vrou te trou gevoel. Hy het nie van sy vorige vrou gesien of gehoor gedurende die hele tyd wat hulle uit mekaar was nie, hy moes haar opspoor om haar te vind (hulle het nie kinders gehad nie). Ek sĂȘ dit vir die wat bang is om te laat gaan, met die vrees dat God nie in staat sal wees om die persoon terug te bring sodra hulle vry is om te loop en nie agterna gesit word nie.

Die ander rede waarom dit gewerk het, is omdat dit in ‘n man se natuur is om agterna te sit en harder sal probeer as hy glo dat hy dit nie kan kry nie! Vrouens en selfs jong meisies is nou die wat die agternasit doen en word mishandel en misbruik as gevolg daarvan! Dit is onnatuurlik. Dink aan sport, jag en die mededigendheid van mans. Hulle hou van ‘n uitdaging en verloor gou belangstelling, en beweeg aan na die volgende uitdaging.

Hoekom word JY nie jou man se uitdaging nie? Wees dit wat hy agternasit—maar moenie speletjies speel nie! In plaas daarvan streef God na, nie deur meer godsdienstig te wees nie, maar in ‘n vervulde verhouding wat jou sal laat STRAAL soos wat Hy jou van BINNE verander! En sodra die transformasie kompleet is, belowe ek jou dat jou man daarvan sal hoor selfs al probeer jy om dit ‘n geheim te hou. God sal SY ONTHULLING op die perfekte oomblik orkestreer wanneer jy die mees stralendste is, en nadat die ander vrou bitter en snydend geword het.

Spreuke 5:3-4 “Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.

Psalms 34:5 “DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.”

“...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” —Joh 8:32 

Nou is dit tyd om HIER TE KLIK en jou hart teenoor die Here uit te stort in jou joernaal “Wat ek Geleer Het.”  

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui