Ek prys God

“Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie." JOSUA 1:5 AFR83

Hierdie is net 'n kort lof om alle dank en eer aan ons liefste Here te gee, dat Hy my verjaarsdag saam met my gevier het en my hart rustig gemaak het.

Ek is so dankbaar vir die mense wat God toelaat om in my lewe te wees, almal het my dag so spesiaal gemaak, ek het eindelik meer uit die dag gekry as wat ek verwag het.

Ek is so dankbaar dat God my 'n gesonde dogtertjie gegee het wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het, sy het vir my gesing en die dag saam my spandeer. Ek is dankbaar vir al die drukkies en liefde wat ek ontvang het.

As ek terug dink aan die vorige jare, hoe vol seer my hart was wil ek net die Here prys dat ek hierdie jaar 'n glimlag op my gesig gehad het en meeste van alles omdat Hy my hand nooit los nie en heeltyd reg langs my stap.

Ek is dankbaar vir as Sy liefde, vrede, vergifnis en dat Hy so mooi na my en kind kyk.

1 thought on “Ek prys God”

  1. Baie baie geluk met jou verjaarsdag kosbare Mila, dis so pragtige getuienis en ek is so dankbaar om jou deel van die Afrikaans te hê en ek is so dankbaar vir wat ons Geliefde Here in jou lewe doen en ek weet daar gaan nog baie getuienisse kom.

    “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” N6:24-26 https://www.bible.com/af/bible/6/NUM.6.24-26.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui