"Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” L6:38
Voor my eggenoot my gelos het, was ons in 'n groot finansiële krisis, so toe hy my los, het ek geen uitkoms gesien nie en ek het met al die skuld geëindig, so ek het nie eens gedink aan gee nie. Mettertyd het die Here meer en meer met my gewerk om te gee, maar ek moet erken omdat mens so min het is mens geneig om terug te hou uit vrees uit en daardie vrees moet ek ook vir Hom gee.
As ek nou terugkyk op my lewe besef ek die tye wat ek meer gegee het, was ook die tye wat ek meer gehad het. So nou as die Here vir my sê om te gee, maak ek seker ek doen dit vinnig en ek moet erken: nie oor ek vinnig terug wil ontvang nie, maar juis sodat ek myself nie 'n tweede kans wil gee om dit te oordink en dalk terug te hou oor ek bang is dat ek nie genoeg sal hê nie. En hier moet ek getuig elke liewe keer wat ek moes gee juis wanneer ek nie genoeg het nie, het ek ons kosbare Liefling Here se voorsiening in my lewe gesien.
Ek haal 'n gedeelte aan uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 4 "Gee Dit Weg":
Natuurlik wil ons vlees die teenoorgestelde doen; wanneer ons gebrek het, neig ons om dit wat ons het, weg te steek of op te gaar. Soos alle geestelike dinge, moet ons die vlees doodmaak (deur dit nie te voed nie) en deur die gees gelei word, sodat die gees en ons geloof sal vermeerder. Met hierdie waarheid, sal jy die vermoë besit om jou gemoedstoestand te verander, sodat wanneer daar gebrek is, jy sal juig om te weet dat God hierdie gebrek ontwerp het sodat daar vermeerdering in jou lewe bewerkstellig kan word!!
So kosbare vrou as jy nie genoeg het nie, sien dit as 'n geleentheid om juis te gee, want ons kosbare Liefling Here het hierdie gebrek ontwerp juis sodat daar vermeerdering in jou lewe kan plaasvind, want dis net Wie Hy is!
"Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes." 2K9:6
Janine, wanneer ons gee kan ons sien hoe ons geseënd is, en ook, soms moes ek gee van wat ek min het of wat ek nie het nie, maar ek weet dat ek dit in gehoorsaamheid doen, want Hy vra my om, en ons wil net Ons Man behaag . En moenie die gedagtes voed wat vir ons kan sê dat ons dit nie moet doen nie, doen dit net met die wete dat dit vir Hom is.
Ek stem saam kosbare Liza that gaan alles oor ons Geliefde Here en wat Hy ons vra om te doen. Dankie dat jy kom deel het.