Ek Het Nie Gewag Nie…Maar Nogstans Het Die Here Voorsien En My Geleer

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie." S3:5 

Net laas week het ek 'n kommentaar gedeel hoe ons Geliefde Here besig is om my op te lei om te wag en nadat ek die pragtige plasing van Anastasia "Aarsel...Is dit U of ek?" gelees het, moes ek my fout kom bely.

My spesiale seun is gekies vir die Suid-Afrikaanse Fisiese Gestremde Atletiekspan, om teen die hele land te gaan meeding. Elke jaar kan ons borge kry, maar hierdie jaar het niemand gereageer toe ons vir borge gevra het nie en ek het my dierbare Geliefde Here hoor sê dat ek nie vir borge hoef te vra nie.

Ek wil die bruid wees wat net iets doen as Hy sê ek moet dit doen, maar ek moet bieg ek het die fout gemaak om nie te luister om te hoor of dit Hy was wat vir my sê om my seun se geld dadelik te betaal nie. Vrydag het ek Hom vooruit gegaan en die geld betaal (uit geld wat vir iets anders moes gaan). Toe Saterdagoggend bel my skoonsuster en sê haar vriendin het die hele bedrag vir my seun se toer betaal, wat ek natuurlik weet vanaf ons kosbare Geliefde Here is. Tog wil ek gou fokus op die groot getuienis van Sy voorsiening: is dit nie wonderlik hoe ons dierbare Geliefde Here voorsien nie!. Daar was regtig nie nodig om vir borge te vra nie. Hy was besig met my getuienis want Hy sê: “beproef My of Ek nie die vensters van die hemel vir jou sal oopmaak nie” (omdat ek getrou tiendes gee aan my stoorkamer). Maar ek moet bieg dat ek na my eie stem geluister het wat gesê het om dit te betaal en die geld was toe dubbeld in die skoolrekening inbetaal en ek was nie seker of hulle dit aan my sou terugbetaal nie. As ek op my dierbare Geliefde Here gewag het en regtig seker gemaak het of dit Hy was wat vir my sê het om dit te doen, sou dit nie gebeur het nie.

Ek weet ook die Here is nie klaar om my op te lei in vertrou nie en dat net Hy kan dit nou kan uitsorteer, alhoewel dit my fout was. Ek is so dankbaar dat ek selfs met my foute na Hom kan gaan en Hom kan vra om dit ten goede te gebruik.

Gister oggend vroeg het ek 'n epos van die skool af gesien waar hulle my bankbesonderhede vra om vir my die geld terug te betaal en dit alles weet ek is ons kosbare Geliefde Here se werk. Is Hy nie net die Beste nie!!! Selfs na ek 'n fout gemaak het, het Hy dit uitsorteer.

"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." R8:28 

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om werklik op die Here te wag en seker te maak of dis van Hom af, maar ek wil ook hê jy moet onthou dat as jy 'n fout maak dat jy Hom selfs daarmee ook kan vertrou.

6 thoughts on “Ek Het Nie Gewag Nie…Maar Nogstans Het Die Here Voorsien En My Geleer”

  1. Janine, ek het die afgelope paar weke duidelik gesien hoe God in my lewe voorsien nadat ek Hom gevra het. Alhoewel ek steeds sukkel om geduldig te wees en op die Here te wag, besef ek dat elke dag my ‘n bietjie nader bring aan waar Hy my wil hê. Op die oomblik is ek self in ‘n situasie waar God van my vra om te wag. Aanvanklik het ek probeer om dinge self te doen, maar ek het besef dat Hy my iets wil leer in hierdie tyd van wag, en daarom het ek besluit om Sy leiding te vertrou.

    Dit was wonderlik om te lees hoe God vir jou deurgekom het. Dankie vir die deel.

    1. Ek sukkel ook nog kosbare Mila en ek weet nie eens hoekom maak ek myself so moeg nie, want elke keer nog het Hy vir my deur gekom en as wou hê ek moes wag, dan was die vir ‘n groter doel. Ek dink ek raak nou meer ongeduldig met myself, maar ja Hy bring ons beslis nader aan waar Hy ons wil hê.
      En ek weet daar is klaar getuienisse oppad en Hy het beslis ‘n groter doel om ons te laat wag.

  2. Hello Janine, even in our mistakes, He finds a way. It’s a beautiful testimony. I just want to say thank you!
    ~~~
    Hallo Janine, selfs in ons foute vind Hy ‘n manier. Dis ‘n pragtige getuienis. Ek wil net dankie sê!

  3. Ek dink dit het al een of ander tyd met ons almal gebeur, want wag is nie maklik as ons dit in ons krag doen nie en soos jy gesê het, jy het jou eie stem gehoor, en dit het al met my gebeur en ek het ook ‘n fout gemaak maar hy kom altyd en help ons sodat alles ten goede gebeur. Hy het reeds geweet dat ons daardie fout sou maak, maar hy laat dit toe sodat ons daaruit kan leer.

    1. Ja kosbare Jewel, niks maar niks vang ons kosbare Geliefde Here onkant nie, selfs nie eens ons foute nie en daarvoor is ek so dankbaar.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui