Ek Het Die Beste Voorsiener Ooit!!!

"Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” P127:2

Kosbare liefste vrou jy kan hierdie pragtige belofte met jou hele hart glo, want ons kosbare Here het jou lief met 'n ewigdurende liefde en wil aan jou voorsien.

Na die lees van Hoofstuk 10, Staar Egskeiding In Die Gesig is ek net weer herinneer aan een van my pragtige getuienisse oor hoe my Liefling Here my Voorsienier geword het:

Elke keer wat my aardse man my gelos het, het hy my met meer skuld gelos en ek het gepleit en gesmeek dat hy asseblief onderhoud moet gee en moet help betaal aan die skuld. Hy het so nou en dan ietsie gegee en toe later heeltemal geweier om te gee, maar ek het aanhou smeek en die gesmekery het my net meer gedaan gemaak.

Ek het gevoel dat dit uiters onregverdig was dat hy nie help betaal nie. En dis toe dat ek besluit het om vir 21 dae lank te vas en niks te eet nie, want ek het gedink ek kan die Here se arm draai om my aardse man te forseer om vir my geld te gee (ek weet dit is verskriklik maar lees asseblief verder, want ons kosbare Here stel nooit teleur nie en het my veel beter gegee).

In my vas het ek gebid en smeek want ek het absoluut geglo dat die Here my aardse man kon dwing om te betaal en ek glo nog steeds Hy kan, maar die verskil is die Here weet wat om vir ons te gee. 'n Dag voor ek klaar was met die vas, het dit vir my emosioneel te veel geword en ek het so gehuil en gevoel ek moet my vas breek vir 'n "cupcake" (ja dit was so erg). Ek het my suster huilend gebel en gesê dat ek my vas nou moet breek, toe sy hoor dit is vir 'n "cupcake" het sy gesê onder geen omstandighede nie en dat ek moet deurdruk. Sy het my oorreed en ek het deurgedruk en op die 21ste dag het ek nie gekry wat ek wou hê nie (menende dat ons kosbare Here nie my aardse man gedwing het om te betaal nie), maar dit wat ek gekry het was wow, want my Liefling Here het vir my gesê dat Hy my Voorsiener wil wees, 'n ongelooflike vrede het oor my gekom en tot vandag toe nog sorg Hy ongelooflik mooi vir my en ek kom niks kort nie.

So kosbare vrou gee asseblief jou finansies oor aan jou Hemelse Man. Vertrou Hom net, want Hy is die Beste Voorsiener Ooit!!!

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." F4:19

2 thoughts on “Ek Het Die Beste Voorsiener Ooit!!!”

  1. Dankie liefste Janine vir vanogend se pragtige boodskap. ja die Here voorsien altyd, en ons kan Gerus wees in Hom om te weet Hy is kla voor uit en dat Hy vir als sal voorsien.

    1. Ja kosbare Kristy, ons kosbare Liefling Here sal beslis in al ons behoeftes voorsien.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui