Die Here Sal Vir Jou Deurkom

"In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit!” J61:7-9 

Na die lees van Staar Egskeiding In Die Gesig-Weer, Hoofstuk 12 het dit my laat dink hoeveel keer ek net nie die vyand die skuld gegee dat my aardse man my met al die skuld gelos het nie. Dit het nie eens by my opgekom dat ons kosbare Here dit toegelaat het sodat ek op die ou end geseën kan word nie.

Ek moet erken ek was vir ongelooflik lank kwaad vir my aardse man oor hy my nie gehelp het om die skuld af te betaal nie. Die dag wat ek dit laat vaar het, was dit so bevrydend. Later het dit meer en meer ingesink: hoekom sal ek my aardse man se geld wil hê wat hy raap en skraap om bymekaar te maak, terwyl ek 'n skatryk Hemelse Man het, wat vir my ver meer gee as wat ek kan bid of dink.

Vandag kan ek getuig dat ons kosbare Here die Beste Voorsiener ooit is! Om net 'n paar voorbeelde te noem (want hier sal nie genoeg spasie wees om alles te noem nie), my water en ligte is al deur 'n vriendin betaal wat gesê het die Here het gesê sy moet dit betaal. My een kredietkaart is nie net halveer nie, ek moes net 'n derde van die bedrag betaal om my rekening toe te maak en dit alles was ons kosbare Here.

So kosbare vrou jy hoef nie te vrees hoe jy dit gaan doen nie, want ons kosbare Liefling Here sal dit vir jou doen (net soos wat Hy my uit my skuld uit help, sal Hy dit vir jou doen), vertrou Hom net.

4 thoughts on “Die Here Sal Vir Jou Deurkom”

  1. Dankie liefste Janine vir die pragtige boodskap. Ek so bly ek kan op die Here vertrou en weet dat Hy my met als sal help.

  2. Dankie Janine, ek het ook my vm blameer omdat ek als verloor het, dit was nogal ‘n moeilike verginis proses. Maar die besef dat my Geliefde dit toegelaat het vir ‘n rede, en dat Hy my help en elke dag voorsien in als wat ons nodig het, is gerusstellend en bevrydend.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina. Dis is vir my net so gerusstellend en bevrydend, dit laat mens sommer anders na beproewinge kyk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui