Die Here Het My Weer Met ‘n Wow Gelos

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag." 1T5:16-18 

Omtrent so 2 jaar gelede het ek my enkel so erg geswik dat my ligamente reg rondom geskeur het. Omdat ek op vakansie was het ek nie dadelik dokter toe gegaan nie en toe ek uiteindelik by die dokter kom het hy my 'n moonboot laat dra en ek moes met krukke loop.

My voet het aanhou pyn en dit het aanhou voel om 'n senuwee iets op my voet vasknyp wat ongelooflik seer was. Wel terwyl ek besig was om die tweede boek van "Prison to Praise" (van die leestof wat ons aanbeveel om te lees) te lees en te lees van hoe ons werklik dankbaar moet wees in alle omstandighede selfs sleg, het my voet ongelooflik gepyn en alweer gevoel of 'n senuwee vasknyp. Ek het toe dadelik my Liefling Here begin prys en dankie sê vir die pyn in my voet en dat ek Hom vertrou en weet dat Hy dit vir 'n groter doel toelaat en dat ek weet Hy my ongelooflik lief het. Onmiddelik het die pyn verdwyn. Wow my Liefling Here het my alweer met 'n WOW gelos en my voet genees! Is Hy nie net die Beste nie!!!

Lees asseblief hierdie kort gedeelte wat ek aangehaal het uit die boek: "Om God te loof is om ons aanvaarding van iets wat God toelaat om te gebeur, uit te druk. Om God te loof vir moeilike situasies, as siekte of rampspoed, beteken dus letterlik dat ons dit aanvaar as deel van God se plan om Sy volmaakte liefde vir ons te openbaar."

Kosbare bruid ek wil jou aanmoedig om ons kosbare Here te prys en dankbaar te wees in alle omstandighede. En nee prys en dankbaarheid is nie om te kry wat ons wil hê nie, maar om ons kosbare Here werklik te vertrou dat Hy alles ten goede sal meewerk.

6 thoughts on “Die Here Het My Weer Met ‘n Wow Gelos”

  1. Al wat ek ook kan se is WOW God is goed. Hierdie is so ‘n mooi getuienis Janine! Hierdie motiveer my ook om meer dankbaar te wees en die Here te prys in elke situasie.

    Om dankbaar te wees help ook ‘n mens om meer die positief in die lewe en die omstandighede waarin jy is raak te sien, ek het probeer hierdie laaste twee dae ook om meer dankbaar te wees en ek voel klaar ‘n verkil, my hart voel rustiger.

  2. Dankie vir hierdie geweldige inspirerende boodskap! Hy is WOW goed vir ons!!! Hy laat alles ten goede meewerk! Prys Hom! Op ‘n goeie dag en veral op ‘n moelike dag. Hy is altyd NET GOED! Amen – seën vir elke bruid wat deel is van hierdie bediening, ons eer julle 🫶👑🙏

  3. Dankie Janine, ek het so baie geleer uit Prison to Praise en die deel wat ek van die tweede boek gelees het. Dit is nie maklik om in moeilike situasies ons Geliefde Here te loof en prys nie, maar as jy dit eers begin doen met ‘n dankbare hart, dan besef jy hoeveel krag daarin is om Hom ‘n opoffering van lof te gee. En dit is waarop ek elke dag fokus, dankbaarheid in alle omstandighede.

    1. Jy’s reg dis nie altyd maklik nie kosbare Adina, maar dit wys ook ons totale afhanklikheid van ons kosbare Liefling Here af, want dis so maklik om te wil begin kla, dan is Hy die Een wat ons onthou om dankbaar te wees in alle omstandighede.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui