“As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies.” P25:12
'n Gedeelte aangehaal uit My Beminde - 28 Desember
Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal—nie sommige nie, maar almal! Daarom, moet jy nie jou eie oplossing kies nie. Moenie probeer om op jou eie begrip van die probleem, staat te maak nie. Is daar enigiets te moeilik vir die Here? Dan waarom vrees jy?
Kosbare vrou onthou om nie jou eie oplossing te kies nie en te onthou niks is te moeilik vir ons kosbare Liefling Here nie.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
Ek is dankbaar my Geliefde Here het my gepamperlang met ‘n vakansie by my suster en dat ons familie saam tyd kon spandeer en dat altwee my seuns ook saam is.
Ek is dankbaar vir my Geliefde Here se liefde, genade en voorsiening in my lewe.
Ek is dankbaar dat my Geliefde Here my vrede en my veilige ruimte is.
Ek is dankbaar dat my Geliefde Here altyd aan my sy is en dat Hy my toekoms in Sy lewe het.
🌼 Ek is ook dankbaar dat die Here my gepamperlang het met ‘n vakansie en dat ek tyd saam my pa en my dogtertjie kon spandeer.
🌼 Ek is dankbaar dat ek vandag rustig bydie huis kan wees en tyd saam met Hom te spandeer.
🌼 Ek is dankbaar vir dit wat die Here nou in my lewe toelaat.
🌼 Ek is dankbaar dat ek weet ek kan op Hom vertrou, al verstaan ek nie.
🌼 Ek is dankbaar dat God my hart beskerm.
🌼 Ek is dankbaar dat ek enigetyd my gevoelings met die Here kan deel.
🌼 Ek is dankbaar dat God alles onder beheer het, al voel alles vir my deurmekaar.
Ek is dankbaar teenoor my geliefde:
✨Vir die rusweek wat ek en Brincy kon hê;
✨ Vir die vreedsame Kersfees wat Hy vir my en my broers in my huis voorsien het;
✨Vir Hom om my hart te kalmeer in situasies wat my hartseer wou maak;
✨ Vir die lewe van my broer en sy gesin wat vir my 2 kaste vir my kombuis gegee het, benewens om hier by die huis te kom en alles regmaak wat stukkend was;
✨ Vir U Liefde, U Geselskap, U vergifnis, wat werklik is in my en Brincy se lewe;