“HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie" (Ps. 25:4)
Van My Beminde - 14 Desember
"Beminde, laat die Here jou onderwyser wees; laat Hy jou leer hoe jy moet loop. Dit is die stem wat jy agter jou hoor sê, “Hier is die pad, loop hierlangs” wanneer jy die regte koers verlaat. Hy sal oor jou uitgaan en inkom waak, van nou af en vir altyd, as jou hoop in Hom is."
Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Ek is dankbaar vir my Liefling Here se genade en Sy onbeskryflike liefde vir my elke dag.
Ek is dankbaar dat die Here my seun gehelp slaag het en dat hy matriek toe gaan.
Ek is dankbaar vir ‘n kar, ‘n dak oor ons koppe en dat die Here so mooi vir ons sorg.
Ek ia dankbaar dat ek nou op verlof is en dat die Here my met die werk deur die jaar gehelp het.
Ek is so dankbaar ek het my Liefling Here elke stap saam met my en dat my toekoms in Sy habde is en dat Hy vir my planne van voorspoed het.
Vandag is ek dankbaar teenoor my geliefde vir:
– Nog ‘n week voltooi deur Jou Sy.
– Ek is dankbaar vir die sekerheid wat ek het dat Hy verhuis om die huis te verkoop wat ek en my broers geërf het.
– Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die wonderlike broers wat Hy vir my gegee het, en vandag kan ons almal Sy Naam loof, vir alles wat ons reeds beleef het, en vir die sekerheid wat ons het dat Hy ons steeds aan Sy sy sal laat lewe!
– Ek is dankbaar vir my Geliefde, want Hy het ongelooflike vroue in my lewe geplaas (hier by RMI), wat my hand vashou en my help om daagliks ‘n vernuwe verstand te hê.
– Ek is dankbaar dat Hy nie opgegee het op my of my familie nie! 🤩
– Ek is dankbaar, want selfs wanneer ek rondkyk en geen oplossing sien nie, weet ek dat my Geliefde gereed is om my te verras en vir my die uitweg te wys. Dis hoekom ek kan rus.
Lekker Saterdag almal!🌷💕
My Liefste Here,
Ek is dankbaar dat U die jaar saam met my was, dat U my vasgehou het, en wanneer ek geval het, U my nie veroordeel het nie, maar opgehelp het.
Ek is dankbaar dat U my die moed, die wil en die krag gee om aan te hou veg.
Ek is dankbaar dat U vir my sorg en my bederf, ek kan nie vir beter gevra het nie.
Ek is dankbaar vir wanneer my lewe te besig raak, dat U my terug ruk om stil te raak.
Ek is dankbaar vir die vriendinne wat U oor my pad stuur.
Ek is dankbaar vir die werk wat U vir my gegee het, dat U my ‘n huis gee om in te bly saam met my seun en sy gesin. Ek is dankbaar dat U my ‘n karretjie gegee het en my uithelp met my finansies.
Ek is dankbaar dat ek àltyd met U kan gesels en U àltyd by my is.
Ek is dankbaar dat U my sò baie uit gevaar uit lei.
Ek is dankbaar dat ons harte in U hande is.
En meer as dankbaar is ek omdat U my vergewe het, my sondes nie meer raaksien nie, en liefhet.