“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink." E3:20
Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte uit vandag se My Beminde - 29 Maart
O Beminde, God het mag om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra! Ek het dit amper daagliks gesien, selfs in die middel van die storm. Ja, jou geestelike oë, die oë van jou hoop, moet leer om te fokus en die seëning in die middel te sien—reg in die middel—van die storm.
Wow is hierdie gedeelte nie pragtig nie, ons moet leer om te fokus en die seëning in die middel van die storm te sien. Ek weet in my eie lewe faal ek so baie keer om die seëning in die middel van die storm raak te sien maar ek weet daar is 'n seëning, want dis net Wie ons kosbare Geliefde Here is! So kosbare vrou kom ons fokus op die seëning in die middel van die storm in plaas van op die storm.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
Ek is dankbaar vir ons kosbare Geliefde Here se liefde en dat daar geen einde aan Sy liefde is nie.
Ek is dankbaar dat my seun op toer is en dat Sy Hemelse Vader vir Hom gesorg het.
Ek is dankbaar die die Here se goedheid en guns in my lewe.
Ek is dankbaar vir my ouers en dat ek so bevoorreg is om sulke goeie ouers te hê.
Ek is so dankbaar dat die Here nie opgee met my nie en dat ek die klei in Sy hande is.
Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe en dat ek altyd op Hom kan staatmaak.
Ek is so dankbaar dat die Here my so geduldig leer en selfs my foute ten goede gebruik.