Sluit elke Sondag hier by my aan vir Dankbaarheidsterapie.
Psalm 50:23
Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Ek het altyd so vasgekyk teen my eie seer en daardeur het ek oor niks dankbaar gevoel nie, maar daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Liefste bruid moenie dieselfde fout as ek maak nie en daarom lê ek so baie klem op dankbaarheid.
Ek het al 'n paar keer oor die DANKBAARHEIDSTERAPIE gepraat en watse uitwerking dit op my gemoed het en nee ons moenie net op Sondae dankbaar wees nie, ons moet dit deel van ons daaglikse lewe maak. Kom ons begin saam op Sondae, swart op wit, 7 dinge te noem waaroor ons dankbaar is en so is ons gereed om ons week elke oggend so te begin.
Dankie my Lieflike Wonderlike Hemelse Man ek is ongelooflik dankbaar vir
U liefde en leiding.
My seuns.
My ouers.
My suster, haar man en hulle 2 dogters en kleinkind.
Genesing.
'n Blyplek.
RMI bediening en hierdie blog wat my lewe in so baie opsigte aanraak.

Dankie Janine, en hier is my lysie:
Ek wil vir Hom dankie se vir:
Sy ongelooflike liefde vir my ten spyte van my foute
Sy voorsiening al verdien ek niks en Hy verdien alles
My kinders
Vrede en vreugde wat binne ons bereik is ten spyte van ons omstandighede
Sy ongelooflike genade
Wonderlike vriendinne
Familie
My boetie en sy redding
Huis / kos/ klere / bed ens ens ens
Gesondheid
En ek kan aangaan…
Ek kry so groot glimlag as ek jou lys lees en ek weet ons Hemelse Man ‘n groter glimlag!