“Deel is Omgee” Boekdag – Versit Berge

"Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” M17:20

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeeltes uit Versit Berge, Hoofstuk 1 "Versit Jou Berge"

Dwarsdeur ons lewens sal, jy en ek (en ons kinders) berge in die gesig staar; baie onmoontlike situasies en angswekkende omstandighede sal oor ons oprys. Dit is wanneer ons moet kies om: terug te draai, onsself by die basis van die berg neer te plak, die berg te klim, rondom die berg te gaan, of eerder te glo—wanneer ons aanvoel dat Hy sê dat ons die—berg moet beveel om te versit. “Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur” (Markus 11:23).

3 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Versit Berge”

  1. Sjoe, dankie Janine, en die keuse is ons hande wat ons gaan doen. Ek het vanoggend nodig gehad om die stukkie te lees.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Yvonne en ja die keuse oor wat ons gaan doen is in ons hande, so ons moet net glo of ja alweer om die berg loop en ek het al te veel om die berg geloop of laat ek dit so stel te veel selfs voor die berg gedrentel, nou wil ek glo, want ek weet Hy stel nooit ooit teleur nie.

  2. Maak nie saak hoe groot ons berge is nie, ons moet aanhou om na die Gesig van Ons Man te kyk, en glo dat hulle geroer sal word, en Hom vra om vir ons vrede te gee, sodat ons kan wag dat hulle beweeg. Soms wil ons hê dat die berg nou moet skuif, maar dit is Hy wat besluit wanneer Ons moet net aanhou geloof hê sonder om te twyfel.
    Dankie dierbare Janine, want my berge is baie hoog, maar Hy herinner my dat Niks onmoontlik is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui