“Deel is Omgee” Boekdag – Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7

"Ek is die HERE die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?" J32:27

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeelte uit Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7 "Glo In God Vir Groot Dinge"

Kosbare een, is jy vasberade om God nou vir groot dinge te glo? As jy is, dan moet jy verwag om teen groot en oënskynlike vernietigende opposisie te kom. Jou reputasie, die wêreld soos wat jy dit ken, dit sal alles dag-vir-dag en oomblik-vir-oomblik op die altaar geplaas moet word. Jou rede hoekom jy op God vertrou mag verander, soos myne het, of miskien is jy ver voor my en het die regte redes van die begin af gehad. Vir my, bereik ek hierdie vlak van geloof eerste, want dit was asof my lewe aan die brand was soos ‘n brandende gebou. Ek het geweet dat ek die Here radikaal moes volg om sodoende my kinders en die vroue in my bediening te red.

2 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7”

  1. Dit is beslis ‘n werklikheid, wanneer ons die pad loop van gehoorsaamheid aan Ons Geliefde, maak nie saak wat gebeur nie, almal staan ​​ons teë, want hulle sien die vlees en die begeertes van die wêreld, maar nou sien ons die Here en Sy werk in ons. En dis toe dat ek gebroke was en gesien het wat ek met my lewe gedoen het toe daar net twee paaie was, die wêreld en om te volg wat almal anders doen of die nou poort. Prys die Here wat vir ons gewys het dat net met Hom ons vorentoe kan beweeg.
    Dankie vir die deel Janine.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, dis so baie waar. Ek is so dankbaar dat Hy vir my gewys het, dat daardie wye pad ‘n nuttelose pad is en ek wil nooit ooit weer op daardie pad loop nie, maak nie saak wat nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui