“Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik

"Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" R15:13

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel, hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek 'n gedeelte uit die boek: Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 1

Niemand, behalwe God weet waardeur jy nou gaan nie of watter antwoorde jy nou nodig het nie. As jy bid (praat net met God) en luister na Hom (lees Sy Woord, die Bybel), dan sal Hy jou lei na die oorwinning wat Hy vir jou het. Moenie kies om te doen wat ander mense sê nie, die mense van die wêreld, vriende in die kerk, pastore, of enige ander raadgewer wat jou iets vertel wat hy gelees of gehoor het nie. As jy bid en God se Woord lees, sal God eerste met jou praat, in jou hart, gedurende die tyd wat jy, jou Bybel lees; dan sal iemand bevestig in watter rigting Hy jou stuur, wat in lyn met Sy woord sal wees!

4 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik”

  1. Dankie liefste Janine, die stukkie wat jy gedeel het, het weer vanoggend tot my gespreek want niemand het die regte antwoorde vir ons nie, al bedoel hulle goed en weet ons dit kom uit ‘n plek van liefde. Net ons Geliefde Here het al die antwoorde wat ons nodig het.

    1. Ek weet wat jy bedoel kosbare Adina, want hierdie stukkie het ook tot my gespreek, want hierdie is ‘n groot herinnering dat net Hy al die antwoorde het. Party is ek geneig om te vra wat dink jy hiervan as ek onseker is en dit terwyl Hy die antwoorde vir my het, ek moes net eerste na Hom toe gegaan het.

  2. Aan die begin van my Reis was dit ‘n beginsel wat ek in my hart gekoester het. Niemand weet waardeur ek was nie, behalwe die Here en alles wat ander sê is teen Sy Waarheid. Toe ek HJH gelees het, het ek hierdie waarheid geleer: die raad wat ons gegee word, al is dit goed bedoel, is teen die pad van Ons Here.
    Dankie Janine dat jy my aan hierdie deel van die boek herinner het, wat my gedagtes oopgemaak het toe ek by RMI aangekom het.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, ek stem saam met jou niemand weet waardeer ek is nie en dis vir my so vertroostent dat ons kosbare Liefling Here weet.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui