"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister." J29:11-12
Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.
Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.
Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Vandag deel ek gedeeltes uit Armoede Mentaliteit, Hoofstuk 5 "Hopeloos Behoeftig aan Hom"
Alhoewel ons in die begin ineenkrimp, is dit net wanneer ons op die plek kom waar ons hopeloos aan Hom behoeftig is wanneer ons Hom regtig van aangesig tot aangesig aanskou! Dit is wanneer ons opgestoot is teen die Rooi See, of in die graf vir vier dae en begin stink wanneer ons die glorie van God sien, reg? Dan waarom probeer ons alles doen wat ons kan om onsself nie in situasies soos dit te kry nie en probeer, tevergeefs, om onsself uit hierdie penarie te kry?
Mot my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie ons moet doelbewus probeer om on finansies te ruïneer nie, of ons verhoudings of ons gesondheid net sodat ons kan sien hoe God ‘n wonderwerk teweeg bring nie en ons Man van aangesig tot aangesig getuig. Waaroor ek wonder is waarom ons “tot die laaste oomblik wag” voordat ons eerlik en ten volle alles na Hom toe oorgee en probeer om die onvermydelike te stop?
.Janine, dankie vir hierdie les. Ek het dit vandag nodig gehad.
Ons Geliefde wag vir ons om alles vir Hom te gee, sonder om iets terug te hou, en al verstaan ons nie wat aan die gebeur is nie, weet Hy want Hy het die volledige prentjie.
Hy wil net hê ons moet Hom laat optree en Hy het nie nodig dat ons Hom moet help nie, behalwe om Hom lief te hê en Hom in ons te laat werk.