🙌Belofte Woensdag-Luister Na Die Here🙌

"Maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” S1:33

Kosbare vrou kom ons maak seker dat ons na ons Liefling Here luister, want dan sal ons veilig wees.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

7 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Luister Na Die Here🙌”

  1. Gelukkig is die mens wat na my luister deur dag ná dag by my deure te waak, by die kosyne van my ingange wag te hou. 35 Ja, wie my vind, het die lewe gevind; hy geniet die goedkeuring van die Here. (Spr 8:34-35)

  2. Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. 7Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!“Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” L18:6-8 https://www.bible.com/af/bible/6/LUK.18.AFR83
    ~~~
    “And the Lord said, Hear what the unjust judge saith. And shall not God avenge his own elect, which cry day and night unto him, though he bear long with them? I tell you, he will avenge them speedily. . . . ” Luke 18:6-8
    https://www.bible.com/bible/328/luk.18.6

  3. Geseënd is julle wat geglo het, want wat die Here vir julle gespreek het, sal vervul word!
    (Lukas 1:45).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui