"Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam." S3:6-8
Kosbare vrou kom ons ken ons Liefling Here in ALLES wat ons doen, want hierdie riglyn in ons kosbare Liefling Here se Woord kom met 'n pragtige belofte daarna: "En Hy sal jou die regte pad laat loop."
Belofte Woensdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:
‘ Maar ek sal vir die Here op die uitkyk wees, ek sal bly wag op die God wat my verlos. My God sal my hoor. ‘
Miga 7:7
https://www.bible.com/af/bible/3499/MIC.7.7
“Wanneer ek gesê het: My voet wankel, het u goedheid, o Here, my ondersteunde. Wanneer baie gedagtes in my binneste roer, het u vertroostings my siel verbly.”
https://saintebible.com/psalms/94-18.htm
“Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,dan sal jou skure oorvol wees
en jou parskuipe oorloop van die wyn.” P3:9-10
https://www.bible.com/af/bible/6/PRO.3.AFR83#:~:text=Vereer%20die%20Here,van%20die%20wyn.
“Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” P127:2 https://www.bible.com/bible/6/psa.127.2
En voorwaar, ek ag alles as verlies ter wille van die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles verloor het, en dit as gemors beskou, sodat ek Christus kan wen,
Filippense 3:8