🙌Belofte Woensdag-Ons Bron Van Hoop🙌

"Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" R15:13

Kosbare vrou onthou ons Liefling Here is ons bron van hoop en daarom kan ons met vreugde en vrede gevul wees.

"Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil." R15:13DB

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

9 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Ons Bron Van Hoop🙌”

  1. “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is”
    Spreuke 4:18

    “Kyk Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te strap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle leed aandoen”
    Lukas 10:19

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui