🙌Belofte Donderdag – Sit Genoeg In Die Teenwoordigheid Van Die Here🙌

“Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid." J60:2

Kosbare vrou lees asseblief hierdie belangrike gedeelte gedeel uit vandag se My Beminde:

...Soos wat jy God ywerig soek, soos wat jy Sy Woord oordink, soos wat jy daagliks in Sy teenwoordigheid sit, op Hom leun, na Sy naam toe hardloop want dis ‘n sterk toring—daar, daar sal jy Sy glorie sien.

Kosbare vrou kom ons sit genoeg in die teenwoordigheid van ons kosbare Geliefde Here.

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

2 thoughts on 🙌Belofte Donderdag – Sit Genoeg In Die Teenwoordigheid Van Die Here🙌

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui