♕ Vandag se belofte: “Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.” Jesaja 55:11
Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #8 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #9. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat jy geleer het uit Beginsel #9.
Geniet hier
Beginsel #9 “Lewe in die Seënige van die Here”
As hierdie les jou hart geraak het, onthou om kommentaar te lewer onder die les, in die kommentaar afdeling.
As jy kommentaar lewer onder die les, sal al die dames wat agter jou aankom, jaar na jaar, bemoedig word deur wat jy geskryf het.
Met hierdie beginsel het ek geleer dat ek ook die ander wang moet draai as iemand iets verkeerds aan my doen en dat ek nie kwaad met kwaad moet vergeld en die persoon terug iets verkeerds aan moet doen nie. Ek wil geen plek aan sonde gee nie, nie eens in my gedagtes nie, maar daarvoor het ek werklik my Liefling Here se hulp nodig.
En ek wil beslis die waarheid weet en ophou om ‘n “dwase vrou te wees wat geen kennis dra” of ‘n “onnosel vrou wat nie hierdie baie belangrike beginsel kan verstaan nie.”
Ons wil so graag die kwaad wat aan ons gedoen word teenstaan, die wereld leer ons dat dit is wat ons moet doen, dit is dalk die maklikste uitweg, maar die uiteinde is meer skade en vernietiging.
Maar in Sy woord se ons Geliefde dat ons nie die kwaad moet teenstaan nie, dat ons ‘n saak moet skik oppad hof toe en die ander wang draai. Om dit in die vlees te doen is nie maklik nie, maar met ons Hemelse Man is dit moontlik, want ons is tot enigiets in staat deur Hom.