Verlede week het ons geleer Wat God se seëninge sal blokkeer: boosheid. Maar wat van die kwaad wat AAN ons gedoen word?

 Deur nie die kwaad teen te staan nie—dit toelaat om te vermeerder 

Is ek ernstig? Ja, absoluut, te danke aan wat ek uiteindelik in staat was om te verstaan en dit is, vir die kwaad om heeltemal vernietig te word, moet dit eers vermeerder.

Lees stadig wat Psalm 92:5 sê, “U groot dade Here het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat u gedoen het. Groot is alles wat u doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. Wie dit nie besef nie, is ‘n dom mens, wie dit nie insien nie is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word.

God het dit aangrypend of affektief bewys met Jesus se dood aan die kruis. Die boosheid wat aan Hom gedoen is, moes eers floreer tot die mate en uiterste wat dit gedoen het—sodat die sonde vir ewig vernietig kon word! Wat dit in ons Herstel Reis saam met die Here beteken, is dat ons gewillig moet wees om tot die “einde te volhard” soos wat die vyand se aanvalle vermeerder en die boosheid teen ons floreer—en sonder om dit te probeer keer. 

Matteus 5:39—

AFR83

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.”

ABA

“Maar Ek sê vir julle: moenie keer wanneer iemand slegte dinge doen aan jou nie. As hy jou op die regterwang klap, draai die ander wang na hom toe.”

AFR 53

“Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe”

Die Boodskap

“Ek sê egter vandag vir julle: julle moenie mense wat julle sleg behandel probeer terugkry nie. As iemand jou deur die gesig klap om jou te verneder moet jy dit maar vat. Moenie terugslaan nie.”

Nuwe Lewende Vertaling

“Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ‘n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang.”

En die rede hoekom Hy ons waarsku om nie boosheid te weerstaan nie, is omdat Hy weet wat dit bedoel is om VIR ons te doen. Wanneer die sonde genoeg vermeerder, en jy het gekies om eenvoudig die persoon of situasie te seën, sal Hy in staat wees om daardie boosheid vir ewig te vernietig!!

Hier in Jakobus 1:12NLV is meer motivering, “Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die oorwinnaarskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.”

En die vers waarna ons gekyk het gaan aan om in Matteus 5:39-42 te sê—

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

So, hierdie vers verduidelik dat nadat jy jouself nie teen die kwaad verset het nie, kan jy daardie kwaad omhels deur: die ander wang te draai, ‘n ekstra myl te loop en jou boklere saam met jou onderklere te gee.

Ek weet nie van jou nie, maar ek wil die waarheid weet en ophou om ‘n “dwase vrou te wees wat geen kennis dra” of ‘n “onnosel vrou wat nie hierdie baie belangrike beginsel kan verstaan nie”

As ek op die Here vertrou sodat al die boosheid teen my moet stop, dan moet ek gereed en voorbereid wees om my nie te verset nie en terwyl dit gebeur—om diep in Hom weggesteek te wees—om in staat te wees om eintlik die boosheid te omhels, net soos wat Jesus in staat was om te doen. Dit is wanneer die boosheid vir ewig vernietig sal word!

Aan die ander kant, wanneer ons die verkeerde gedagte “koester” (wat ons toegelaat het om in ons gedagtes te kom deur wat ons gehoor, gelees of gesien het) dan oorweeg ons sonde, wat geboorte sal gee aan sonde. Die volgende vers skyn lig op hoe dit klein begin, maar dan uiteindelik “geboorte skenk” aan iets wat sal voel asof dit eintlik lewe en asemhaal in ons lewens.

Jakobus 1:13-14NLV sê: “Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: ‘God verlei my’ nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om verkeerd te doen nie, en Hý verlei ook niemand nie. Ons eie natuurlike geneigdheid beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.”

Dit is die vers wat my gehelp het om te verstaan hoe my man, wat die feit dat sy pa ‘n egbreker was gehaat het, en wat ook sy kinders so liefgehad het soos hy het, in staat was om in die sonde van owerspel te val tot die grootte wat dit geword het, voordat hy vrygestel was daarvan.

Toe ek hierdie vers die eerste keer gelees het en gewonder het wie regtig sou sê dat hulle deur “God versoek” word en gedink het dat dit belaglik was, was ek gelei om die oorspronklike taal op te soek. Toe Jakobus hierdie vers geskryf het, het hy eintlik ‘n meer subtiele uitdrukking gebruik wat ‘n bietjie makliker is om te glo. Dit sou iets lees soos: “. . . moet hy nie sê: ‘God het my indirek verlei’ nie. Dit is wat basies gebeur het na die eerste sonde toe Adam God “indirek” geblameer het deur te verklaar: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Genesis 3:12

Ons neem dikwels toevlug tot hierdie soort van denkwyse en blamering wanneer ons versoek word en dan ingee tot die versoeking. Hier is nog ‘n insig wat my gehelp het om versoeking te verstaan. Dit het my altyd gehinder toe ek die vers gelees het wat sê dat Jesus in alles versoek was, tog Hy het nie gesondig nie. Ek kon my nie voorstel dat Jesus deur enigiets versoek kon word nie, omdat ek nie die ware betekenis van versoeking verstaan het nie en ek het God daaroor gesoek.

Die voorbeeld wat Hy aan my openbaar het, het so gegaan: As ek by Makro inloop en iemand agter ‘n nabygeleë bos hoor wat my roep en sê, “Hey, kom hier. Ek het hierdie splinternuwe fiets wat hulle vir R1800 verkoop, maar ek sal dit aan jou verkoop vir slegs R184,” mag ek dalk in die rigting van die stem kyk, sonder om te weet wat hy regtig sê, maar sodra ek verstaan, sal ek net aanhou loop of heel waarskynlik begin om te hardloop.

So, ja, ek was deur die kwaad versoek, maar ek het dit nooit oorweeg om in te gee tot die sonde nie! Ek het nie in my gedagtes gedink, “Hey, dit is ‘n goeie kopie nie; ek bedoel, wie sal weet? My dogter kan ‘n nuwe fiets vir haar verjaardag gebruik…,” en dan sê, “Nee, dit sal verkeerd wees.” Dan sou ek die die versoeking “vermaak,” so dit sal sonde wees.

Dit beteken, Jesus was deur die duiwel versoek wat Hom gevra het om die rots in brood te verander, om Homself oor die krans te gooi en om hom te aanbid—maar nie een keer het hy gestop en oorweeg om dit te doen nie. My idee daarvan is dat die Heilige Gees vir Jesus soontoe gelei het sodat Jesus die duiwel FERM op sy plek kon sit! En ek is mal daaroor hoe Hy altyd die waarheid en die krag van die Woord gebruik het, “die swaard van die Gees, dit is die woord van God,” om die stryd oor die vyand te wen—sodat beide ek en jy oor die vyand kan triomfeer wanneer ons Hom roep om ons te help.

Jesaja 58:11, “Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.”

Tot volgende week, leef in die seëninge van die Here! Nou is dit tyd om te ...