Wow! Wat ‘n week, die vyand was so besig! Hierdie week het die vyand absoluut elke vrees wat ek gehad het gevat en dit teen my gebruik, hy het my aandag probeer af trek van God, en van my huwelik. Die vyand het my man en die AV gebruik om my te probeer breek, maar ek het sterk gestaan en nie met die vlees gereageer nie, ek is so dankbaar dat God my lei en dit is so maklik as jy SAAM met God werk in plaas van teen hom. Die vyand gaan jou aanval, en hy gaan jou aandag probeer af trek weet net dat God groter is en dat Hy die laaste sê het, staan sterk in jou geloof ek is so bly dat die Here my so vroeg in my reis voorgestel het aan hierdie bediening want as ek die “ou” Meagan was sou ek die week alles verkeerd gedoen het, en sou virseker ongehoorsaam gewees het aan God se woord, my hart loop oor van dankbaarheid ek het vanaand net weer besef hoe het God my verander en aan my gewerk! God is besig met iets groot! 🩷
Dankie vir hierdie mooi getuienis liefste Meagan, God is verseker groter en is beslis besig met iets groots. Ek is net so dankbaar dat jy hierdie bediening gevind het, ek gee ons wonderlike Here al die lof en eer.
Dankie vir die prys Meagan. Ek kan nie wag om meer lofprysing van jou te lees nie. Ja, en as jy besluit om die pad te loop saam met die Here, moet ons voorbereid wees vir meer aanvalle. Ek vertroos my met die woorde van Sy woord: “sodat Satan nie die oorhand oor ons kry nie. Ons is immers nie onbekend met sy planne nie.”
Baie dankie liefste Meagan vir jou lofverslag! Ja die aanvalle is nie maklik nie, maar ons moet vashou aan ons Hemelse Man.
Ek hou vas aan hierdie verse:
EKSODUS 14:14 AFR83
“Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”
‘“Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” ‘
PSALMS 46:11
https://my.bible.com/bible/117/PSA.46.11
‘Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. ‘
EFESIËRS 6:12
https://my.bible.com/bible/117/EPH.6.12
Meagan ek is Baie opgewonde vir wat God on jou lewe doen 🙌 née dit is beslis nie maklikbom nie te reaggeer nie! Maar as jy sy liefde het en sy gees het kan jy dit doen🙌 jy Sal sien hoe hy jou omstandige omdraai hoe meer jy hom 1ste maak. Rn Meer en Meer die bybel principale in jou lewe leef elke dag!! ❤️❤️❤️❤️