“Deel is Omgee” Boekdag – Versit Berge

"Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop." S3:6

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeeltes uit Versit Berge, Hoofstuk 5 "Baba Treë"

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is” (Spreuke 3:5-7). Vir my, som hierdie vers dit pragtig op: ons het geen idee waar ons gaan of wat vorentoe lê nie, en deur dit, moet ons nie soos ‘n dwaas dink dat ons doen nie.

2 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Versit Berge”

  1. Vertrou dat alles ten goede meewerk, en dat ons Hom moet volg. Ons weet nie waarheen ons op pad is nie, maar Hy lei ons elke dag.
    Dankie vir die deel

  2. Ek stem so saam met hierdie pragtige treffende gedeelte en dan moet ek erken ek het al dwaaslik gedink ek weet wat vorentoe lê en dit bewys net meer my afhanklikheid van ons Geliefde Here.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui