"Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word." H4:16
Lees asseblief hierdie kort treffende gedeeltes aangehaal uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 5:
Ook sal jy oes wat jy gesaai het. As jy `n rebel was teenoor jou ouers voordat jy in die huwelik getree het, is jy heelwaarskynlik ook `n rebel teenoor jou eggenoot. Om alles te kroon het jy met `n rebel in die huwelik getree. En nou is jou eggenoot ‘n groter rebel sedert julle in die huwelik getree het, nes jy. Hy rebelleer nou teen alle goeie wysheid en het dit so ver gevorder dat hy nou teen sy verbintenis om aan jou getrou te bly, rebelleer.
Hierdie was presies ek, want jare gelede het ek teen my ouers gerebelleer toe hulle gekant was teen my verhouding met my kêrel. Toe ek klaar was met skool het ek weggeloop saam met hom en vir sommiges sal dit na die perfekte liefdes verhaal klink maar ek het my ouers ongelooflik seer gemaak. En natuurlik het ek ge-oes wat ek gesaai het. Ek is jonk getroud en ons altwee het teen alle goeie wysheid gerebelleer, wat natuurlik seer gevolge gehad het.
Die wonderlike nuus is dat ons kosbare Liefling Here ons nie net los nie, want Sy liefde en genade verander alles, ja selfs die rebellie in ons. Vandag bly ek saam met my ouers en ons kosbare Liefling Here het genesing tussen my en my ouers gebring.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om toe te laat dat ons kosbare Here se liefde en genade jou verander.