God Is Altyd In Beheer

"My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees." J1:2

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes wat vir my uitgestaan het uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 4:

Ons sien dat daar baie voordele gepaard gaan met beproewing, soos om meer geloof te hê en uithoudingsvermoë om ons vaart klaar te maak, wat God ons voorgelê het. 

Dit is belangrik om te weet dat gedurende hierdie beproewinge, toetse, en versoekinge, God altyd in beheer is! Dit is God se Hand wat toelaat dat hierdie beproewinge ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy beproewinge toelaat, gee Hy vir ons ook die genade om dit te kan verduur. 

Ek het altyd gedink as ek deur 'n slegte tyd gaan dat die vyand in beheer van die situasie is, maar ek was so verkeerd. En as ek terugkyk op my lewe sien ek dat God nog steeds in beheer was en dit beslis my geloof en uithoudingsvermoë versterk het. En Hy het beslis vir my die genade gegee om dit te kan verduur, alhoewel ek nie op daardie oomblik gevoel het of ek die seer gaan oorleef nie, maar ek het. Ek het dit nie net oorleef nie, maar sterker en nader aan die Here daaruit gekom.

Kosbare vrou onthou God is altyd in beheer, Hy weet wat Hy doen en hoekom Hy die beproewinge in ons lewens toelaat, ons moet Hom net vertrou.

4 thoughts on “God Is Altyd In Beheer”

  1. Dankie Janine vir dat jy gedeel het. Ek het ook altyd gedink dat dit die vyand is of dat ek gestraf word vir my sonde as ek deur beproewings moes gaan. Maar dit is so gerustellend om te geleer het dat Geliefde Here dinge in ons lewe toelaat, by ons is deur elke beproewing, en dat Hy elke beproewing ten goede gebruik in ons lewens.

    1. Ja kosbare Adina dis vir my net so gerustellend om te weet dat ons Liefling Here elke beproewing ten goede gebruik.

  2. Dankie Janine, dit was altyd wat ek ook gedink het. Maar toe een dag, toe is dit net asof daar ‘n oomblik was wat ek besef, dat ons die bruid is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Nou verstaan ek, selfs as dit die vyand is wat moeilike tye oor my pad bring, is dit my Liefste Here wat dit toelaat, so hoe kan ek daarteen skop. Ek moet erken, selfs met die wete, is my eerste reaksie nog “nee”, maar dan herinner Hy my aan Sy getroue liefde.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Yvonne, my eerste reaksie is ook nog nee, maar ja dan herinner Hy ons aan Sy getrou liefde en dit oortref alles.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui