Ek Was Nie Goed In Wag Nie

"Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red." K3:25-26

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 3:

Wag vir God se tydsberekening. Dit blyk asof God een ding op ‘n slag in ons verander. Ons moet saam met God werk in Sy tydsberekening. Dit beteken nie dat ons moet wag om te bid nie; dit beteken net dat ons moet wag totdat God op die regte tyd ons situasie sal verander. Dank God dat Hy jou nie toegooi met al jou sondes op een slag nie (deur skuldigverklaring)! Gebruik die tyd wanneer jy wag om te bid. Die stryd sal aanhou, terwyl jy nie eers bewus is daarvan nie. Onthou net een ding, “Wanneer die stryd God s’n is, is die oorwinning ons s’n!”

Ek is eerlik as ek sê ek was nooit juis goed in wag nie en omdat dit nie een van my sterk punte was nie, het ek so baie foute gemaak deur my ongeduld. Vandag kan ek werklik getuig dat die Here se tyd die beste is en ek is so dankbaar dat die Here nie vir my gegee het wat ek van Hom gevra het op my tydsberekening nie.

En nee ek kry nie die wag altyd perfek reg nie, ek spartel so nou en dan teen my eie begeertes en dink ons kosbare Liefling Here is te laat, totdat ek LAAT GAAN EN LAAT GOD.

"Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die HERE te wag." K3:27

Hierdie vers is 'n bewys dat wag iets is wat ons moet aanleer van jongs af, maar ek weet dis nooit te laat nie, want ek weet ek het dit nie van jongs af aangeleer nie. So kosbare vrou kom ons leer aan om geduldig op ons Liefling Here te wag, want Sy tydsberekening is beslis die beste, ons moet Hom net vertrou terwyl Hy ons en ons situasie verander.

6 thoughts on “Ek Was Nie Goed In Wag Nie”

  1. Wow Janine, ek hou van die vers: “Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die HERE te wag.” Ek stem saam, dit is iets wat ek van jongs af moes aanleer en nou moet ek op my ouderdom leer wag. Dankie tog vir Sy genade.

    1. Ja ek stem saam dankie tog vir ons Liefling Here se genade, maar dis nooit te laat dat ons dit aanleer nie.

  2. Ag liewe Janine, ek was ook nie goed daarmee om vir enigiets of iemand te wag nie… Maar tydens my reis het ek geleer en ek bedank my Geliefde dat hy my geleer het dat dit die moeite werd is om op HOM te wag!
    Al is dit dikwels baie moeilik, want ons wil vir niks wag nie, en dit is so wonderlik om te onthou dat God nie haastig is nie, maar dat Hy vir elke aspek van ons lewe sorg 🙌
    Ek het hierdie gedeelte onthou: “Geen oog het gesien, geen oor het gehoor en ook nie in die hart van ’n mens opgekom nie, wat God het vir die wat IN HOM WAG” 2C2:9 https://www.bible.com/bible /6/1co .2.9

    1. Dankie vir hierdie pragtige herinnering dat dit die moeite werd is om op die Here te wag kosbare Marta en dankie dat jy hierdie pragtige belofte met ons deel.

  3. Aan die begin van my reis het ek wag ook baie moeilik gevind. Ek het aanhou dink wanneer Hy my huwelik sou herstel, elke keer as ek my eksman ontmoet het, het ek gedink hy sou sê hy wil terugkom, maar dit het nie gebeur nie.
    Ek moes ook leer om op Sy tyd en Sy skedule te wag. Nou 2 jaar later is ek so dankbaar om steeds in Sy wagkamer te wees. Daar het ek Hom leer ken as My Hemelse Man, Hy is alles vir my. Ek geniet alles wat Hy my leer terwyl ek wag. My begeerte is om lank saam met Hom in hierdie wagkamer deur te bring!

    PSALMS 27:14 (AFR53)
    Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here !

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Hanna, dis so pragtig hoe jy dit stel dat jy lank saam met ons Liefling Here in hierdie wagkamer wil wees. Ek het Hom ook meer en meer leer ken in die wagkamer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui