💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ervaar Vrede

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

Kosbare vrou lees asseblief hierdie treffende gedeelte oorvertaal uit "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):

Ek was begin om te leer dat lof nie net 'n vorm van aanbidding of gebed was nie, maar ook 'n manier van geestelike oorlogvoering.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om dankbaar te wees in alle omstandighede. En ek moet erken vir my is dit ook nie altyd maklik nie, maar wanneer ek dit wel regkry om dankbaar te wees in selfs die slegte tye, ervaar ek ons kosbare Liefling Here se vrede.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ervaar Vrede”

  1. Ek is dankbaar dat ons Liefling Here my gehelp het om vanoggend 5 km te stap, ek sou dit nie sonder Sy hulp kon doen nie.
    Ek is dankbaar dat Hy deel van my lewe is.
    Ek is dankbaar vir my seuns en my familie.
    Ek is dankbaar vir ons Liefling Here se voorsiening in my lewe en dat Hy my toekoms veilig in Sy hande het.
    Ek is so ongelooflik dankbaar vir Hom, want sonder Hom is ek niks nie.

  2. Ek is dankbaar vir die lewe van my broer wat gister nog ‘n lewensjaar voltooi het. En ek is dankbaar vir die werk van die huis af wat die Here hom gegee het, wat hom gered het om elke dag skool toe te gaan.
    Dankie vir die behandeling op my hare wat ek tans in die salon ondergaan, en dan sal ek my toon en hand naels laat doen, wat ‘n bederf en liefde van my geliefde vir my. 💓
    Ek is dankbaar vir die dag wat voorlê as ‘n gesin, waar ek glo ons sal ongelooflike oomblikke saam hê.

  3. • Ek dank my Geliefde want van Hom kom al die goeie wat ek ontvang en besit 💖
    • Ek dank Hom omdat Hy regverdig is en ten spyte van die slegte dinge wat ek moet deurmaak as gevolg van sonde is Hy aan my sy om my te help , ondersteun my en lig my op.
    • Dankie dat jy saam met my is deur die goeie tye en veral die slegte tye.
    • Ek dank jou dat jy my hart ondersoek en vir my die areas gewys het wat ek moet verander en my gehelp het om dit te doen.

  4. Ek is dankbaar dat God my beskerm teen die seer.
    Ek is dankbaar vir my pragtige doktertjie en dat ek vandag ‘n lekker dag saam haar kon spandeer.
    Ek is dankbaar vir die reën wat ons nou so eweskielik gekry het.
    Ek is dankbaar dat God altyd voorsien.
    Ek is dankbaar dat ek deur ‘n moeilike tyd nogsteets so gelukkig kan voel en “cope”
    Ek is dankbaar vir my werk, kar, huis en dat ek my kind na ‘n ordendelike skool toe kan stuur.
    Ek is dankbaar dat ek elke dag wakker word, en elke dag WEER kan probeer.
    Ek is dankbaar dat God my liefhet, en vir my krag gee vir elke sistuasie wat ek deur was en nog moet deur gaan.
    Heel belangrikste, ek is dankbaar dat ek God ken.

  5. Ek is dankbaar omdat ek my geliefde Here se hande in soveel dinge in my lewe kan sien, groot en klein.
    Ek is dankbaar vir my geliefde se voorsiening en sorg.
    Ek is dankbaar vir Sy beskerming in my lewe.
    Ek is dankbaar vir my kinders en dat my geliefde ‘n manier gebied het om tuisonderrig te kry.
    Ek is dankbaar vir die tyd wat ek saam met my kinders kan spandeer en net by hulle kan wees.
    Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en gesondheid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui