Wat sal jou seëninge VERMENIGVULDIG!!

Vandag se les is kort maar baie kragtig. In my notas, het ek een beginsel gehad wat ek opgewonde was om met julle te deel EN dit mag ook die heel belangrikste beginsel wees wat enige ander beginsels oortref om seëninge in ons lewens te verkry.

Begin om te PRYS en te LOOF te midde van die VLAMME van beproewing—wanneer enige aanvalle van enigiemand en enige plek kom.

Hierdie EEN beginsel, indien gebruik, sal bewys om een van die kragtigste instrumente vir oorwinning oor enigiemand of enigiets te wees—en persoonlik, glo ek is dit een van die grootste voorregte wat ons, as gelowiges van ons geseënde Redder het as ons grootste voordeel!

Hierdie EEN beginsel is ook een van mees verwaarloosde beginsels wat gebruik word. In plaas daarvan, reageer gelowiges op dieselfde wyse wat ongelowiges doen. En indien enigiets, mag hulle dink dat om hul ware negatiewe gevoelens “in te hou,” genoeg is. Tog, wat eintlik die krag loslaat, is eenvoudig om Hom te PRYS en te LOOF te midde van die VLAMME van beproewing!

Ons is almal in ‘n oorlog betrokke, of jy dit nou besef of nie. Dan neig ons, ongelukkig en dwaaslik, om op die oorlog self te fokus. Ons begin instinktief om teen “vlees en bloed te worstel,” omdat ons die oorlog kan sien en hoor woed. Maar daar is ‘n groter oorlog wat woed en dit is die een wat God sê regtig saak maak.

Een van my grootste oorloë is teen hierdie sondige vlees van my.

‘n Paar weke gelede het ek my hartsbegeerte gedeel om ‘n selfs groter intimiteit met ons kosbare Here te deel. Natuurlik, wanneer ek vir meer van Hom uitroep, vergeet ek heeltemal dat deur hierdie uitroep van my hart te vervul, sal dit beteken dat meer van MY sal moet gaan sodat ek meer van HOM kan kry.

Brandende vlees is ‘n pynlike en stink ervaring. Maar hierdie week toe my vlees begin brand, het ek gekies om te fokus op ‘n prentjie van dié wat regtig vir Christus se onthalwe gemartel is. Vreugdevol het hulle gebrand terwyl hulle aan ‘n paal vasgeketting was. Sommige het selfs die paal gesoen wat hulle sou hou. Merkwaardig, het elkeen die ding wat hulle sou stil hou omhels terwyl hulle vlees gebrand het.

Hierdie visie en besef het my laat verstaan hoekom ek so sukkel terwyl my “vlees” brand en dit is as gevolg van een ding—omdat ek gefaal het om te “omhels” wat Hy gekies het om my stil te hou. In plaas daarvan verafsku ek dit en sukkel om vry te kom; soos om vir Hom te bid om dit te verwyder.

Dit herinner my aan jong kinders wat nie wil stil lê of sit terwyl die dokter of verpleegster probeer om ‘n wond skoon te maak of vir hulle ‘n inspuiting te gee nie. Is ek enigsins anders as ek worstel om weg te kom van die Groot Geneesheer wat probeer om my te genees? My diep in my siel genees?

Tog, die grootste martelaars was dié wat liedjies te midde van die vlamme gesing het om Hom te eer. Ek is nie tevrede om bloot “stil te sit” terwyl die Here ‘n hartoperasie doen en lae van hardheid weg skil nie. Ek wil en moet die vlamme singend binnegaan. Hoekom? Omdat ek WEET dit is waar ek ‘n geleentheid sal hê om saam met Jesus te loop—in die middel van die vlamme!

Onthou die 3 jong mans wat gewillig die vlamme ingeloop het? Dit sê daar was ‘n 4de, Jesus en terwyl hulle saam Hom geloop het, was hulle “vry” van wat hulle vasgebind het en later, het hulle uitgekom en nie eers na rook geruik nie. As gevolg daarvan, het hierdie jong mans die hart van die persoon wat beveel het dat hulle ingegooi word verander EN as gevolg daarvan, was hierdie jong manne in hulle wêreld bevorder om ‘n groter impak op ‘n nasie te hê. (Lees Daniël 3:20-30)

Ek lees en oordink nou al vir ‘n paar maande ‘n vers, Jesaja 43:2, wat vir my sê dat Hy saam met my in die diep waters sal wees, in die woedende rivier, te midde van die vlamme (en dat ek nie gebrand sal word nie). So ek het nie weggehardloop nie, ek het nie geskree nie, maar helaas, ek het ook nie vir die Here GESING nie.

Gelukkig is God nog nie klaar met my nie. Wat Hy ook al begin het, sal Hy voltooi. Daar sal baie geleenthede wees om te “sing in die vlamme” en in plaas daarvan om paniekerig te wees, die warmte te geniet, om te omhels wat my stilhou, sodat ek my Redder kan verheerlik deur lofsange aan Hom en Sy naam te sing.

Dit het my ‘n dag geneem om te onthou om te sing ―“beter laat as nooit” so sê hulle.

En dit is net nog 'n rede waarom ek in verwondering bly oor die “getrouheid van God” en Sy kosbare liefde teenoor my. Alhoewel ek my elke liewe dag in Hom verheug, hoofsaaklik omdat Hy altyd getrou is om ons te gee wat ons regtig wil hê, gee Hy my ook wat ek regtig nodig het—wat dikwels pynlik is of in lyding gedompel is, te midde van duisternis of onder swaar wolke. En wanneer dit duisternis of pyn is, is wanneer ek altyd die hunkering van my hart vergeet; al daardie kere wat ek Hom gevra het om my te help om nader en meer intiem te word in my verhouding met die Liefde van my Lewe. So om vergeetagtig te wees van wat ek regtig wil hê, vergeet ek dat Hy eenvoudig my hart se begeerte vervul, wat beteken ek faal om saam met Hom te werk en maklik die seëninge mis wat kom deur Hom te PRYS en LOOF te midde van die VLAMME van beproewing—en wat Hy my getrou gaan deurbring.

So, laat ons saam (hierdie week en vir ewig), mekaar herinner om ons stemme te verhef in sang aan ons Redder, ons Ware Liefde. Kom ons soen die brandstapel wat ons vas hou in ons geloof sodat die werk voltooi kan word om hierdie ellendige vlees van ons te verbrand.

Minder van ons beteken meer van Hom.

Meer van Hom in ons beteken dat ons nie net meer vreugdevol is en 'n oorvloediger lewe lei wat Hy gesterf het om vir ons te gee nie, maar ons sal beter ambassadeurs wees vir Hom, om in staat te wees om die verlorenes, die wat seer het en die hopelose na die Groot en Magtige Geneesheer te kan bring.