As Ons Alles Moes Weet Sou Ons Nog Steeds Bly Glo?

"Omdat hy geglo het, het Abraham, toe God hom geroep het, gehoorsaam weggetrek na die land wat God vir hom as ’n erfdeel sou gee. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland." H11:8

Lees asseblief hierdie pragtige gedeel oorvertaal uit "Streams Of The Desert"

Te veel van ons wil ons pad deur 'n nuwe poging sien voordat ons eers begin. Stel jou voor of ons ons pad van begin tot einde kon sien. Hoe sou ons ooit ons Christelike gawes ontwikkel? Geloof, hoop en liefde kan nie soos ryp appels van bome gepluk word nie. Onthou, na die woorde “In die begin het” (Gen. 1:1) kom die woord “God”. Dit is ons eerste stap van geloof wat die sleutel in die slot van Sy kragstasie draai. Dit is waar dat God diegene help wat hulself help, maar Hy help ook diegene wat hulpeloos is. So maak nie saak wat jou omstandighede is nie, jy kan elke keer op Hom staatmaak.

Ek moet erken ek wou al meer geweet het wat my toekoms vir my inhou (as waarvoor ek gereed was) en toe die Here my 'n antwoord gee van sou ek dan nog steeds geloof gehad het, as Hy my alles gewys het. En eerlik ek was eers teleurgesteld oor die antwoord, maar vandag waardeer ek daardie antwoord, want ek weet ons kosbare Liefling Here ken my beter as enige iemand anders en Hy weet presies hoe om my geloof in Hom te versterk.

Kosbare vrou vertrou ons Liefling Here met jou hele hart.

2 thoughts on “As Ons Alles Moes Weet Sou Ons Nog Steeds Bly Glo?”

  1. Ek stem saam met jou Janine, as my Geliefde nou vir my my hele toekoms moes wys, sou ek nie aan Hom moes vashou nie, ek sou nie ‘n intieme verhouding met Hom gehad het nie, ek sou geen geloof gehad het nie, ek sou dalk ook nie die vrede en vreugde ervaar het wat ek nou het nie.

    Dis juis in die wagseisoene wat ons niks “sien” gebeur nie en nie weet wat Hy vir ons beplan nie, wat ons verander word, voorberei word, krag verkry, en regtig leer om op Hom staat te maak.

    Hy het my aan hierdie lesse herinner:
    https://uiteindelikhoop.com/vind-die-oorvloedige-lewe/h5/
    https://uiteindelikhoop.com/armoede-mentaliteit/h9/

    “…maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag…” Jesaja 40:31

    1. Jy’s so reg kosbare Adina, dis in ons wagseisoen wat ons verander word en ons kosbare Liefling Here ons geloof versterk, wat ek weet ek elke keer nodig het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui