Ons Is Mooi Vir Die Here

"Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word." S31:30

Na die lees van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 14 het ek besef dat dit vir ons kosbare Here veel meer saak maak dat ek Hom dien as hoeveel ek weeg.

Toe my eggenoot my vir 'n ongelooflike mooi vrou jare gelede gelos het, het ek als in my vermoë gedoen om net mooi vir hom te lyk. Ek het altyd die sterkste dieëtmiddel op die rakke probeer en alhoewel ek baie maer geword het, was ek diep binne 'n siels ongelukkige persoon. Ek het selfs skildklier pille gedrink om gewig te verloor, alhoewel ek nie eens skildklier probleme gehad het nie. En dit was ongelooflik uitputtend om net mooi te probeer lyk en om aan 'n persoon se standaarde te voldoen!

Na ek 'n herstelde huwelik gekry het en my eggenoot weer die wêreld gekies het, het ek 'n emosionele eter begin word en toe het my skildklier rerig moeilikheid begin gee (maar ek moes dit verwag het na al daardie pille wat ek so gedrink het) en ek het ongelooflik baie gewig opgetel. So vandag het die Here deur hierdie les werklik met my gepraat! Ek is mooi vir my Liefling Here.

Hierdie is net weereens 'n herinnering dat dit veel meer saak maak wat ons Liefling Here van ons sê of dink en dat ons moet ophou om te probeer voldoen aan iemand anders se standaarde. Kosbare liefste vrou onthou jy is mooi vir ons kosbare Liefling Here.

“As jy dit nie weet nie, mooiste van al die vroue . . .Jy is mooi, my liefling, jy is mooi!” H1:8 & H1:15  

6 thoughts on “Ons Is Mooi Vir Die Here”

  1. Wat jy hier se is so waar liewe Janine, ons moet ophou om te probeer voldoen aan iemand anders se standaarde en eerder omgee wat God van ons dink.

    Voordat ek die Here as by eerste liefde gevind het, wou ek ook altyd mooi lyk vir my AM of vir ander mense maar nooit vir myself nie, ook nie vir God nie.

    Die laaste ruk staan ek op met ‘n goeie gemoed omdat ek dinge vir God begin doen. Soos ek al voorheen gese het, ek begin meer moeite doen (voorkom en persoonlikheid) om te doen wat vir God aanneemlik is, ek wil kyk na wat God vir my gegee het, dit ’embrace’

    1. Ja kosbare Mila, ons hoef net om te gee wat ons Liefling Here van ons sê en net aan Sy standaarde voldoen. Dis so pragtig dat jy alles nou vir die Here doen, dit maak my hart sommer net warm om te lees.

  2. Liewe Janine,
    Sulke waar woorde!
    Wat vir die mens nutteloos is, is vir God waardevol en wat vir die mens waardevol is, is vir God nutteloos.
    “Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike” (1 Sam 16:7)
    God soek ons harte vir Hom, dis al wat Hy wil hê!
    Of ons te vet is, te maer is, te kort is, te lank is … maak nie vir Hom saak nie.

  3. Janine ek het myself altyd met die ander vrou vergelyk, en ek het sleg tweede gekom volgens myself. Ek het nie op daardie stadium sleg gelyk nie, was ook nie oorgewig nie, maar dit het my waardeloos laat voel.

    Maar hierdie lesse het my geleer om al daai woorde vir my Geliefde Here te gee en vir Hom te vra wat waar is en nie. Vandag kan ek waarlik se ek het nie net genesing gevind vir daardie wonde nie, maar ek sien myself soos die Here my sien.

  4. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina en ja wat ‘n belangrike herinnering dat ons, ons Liefling Here moet vra wat waar is en wat nie waar is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui