Ek Is Syne

"My beminde is myne, en ek is syne” H2:16

Toe ek Staar Egskeiding In Die Gesig-Weer, Hoofstuk 13 begin lees en die vers sien van my beminde is myne en ek is syne, het dit my herinner aan die eerste keer wat ek hierdie Bybelvers in die Bybel gesien het.

Ek moet erken ek was opgewonde om hierdie vers te memoriseer, want ek glo absoluut dat dood en lewe in die mag van die tong lê (S18:21), want al wat vir my saak gemaak het was om dit te spreek sodat ek my man sou terugkry. Vandag het hierdie pragtige vers 'n heeltemal ander betekenis, want ek behoort aan my Beminde Hemelse Man, ek is Syne!!!

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om jou fokus van jou aardse man af te haal (en ek wil net byvoeg, ons kosbare Here kan nog steeds jou huwelik red, maar Hy wil jou Eerste Liefde wees). So ek wil jou aanmoedig om al jou fokus op ons kosbare Here te plaas en Hom jou Eerste Liefde te maak.

1 thought on “Ek Is Syne”

  1. Ek is gou terug om iets by te las, vir so lank wou ek net ‘n getroude vrou wees en aan iemand behoort, ek wou my aardse man se vrou (syne) wees, maar toe dit nie realiseer nie, het ek gevoel wat is die punt van alles? Maar vandag kan ek getuig, toe ek ons kosbare Here se bruid word (Syne) het ek die punt van alles ontdek, die rede vir my bestaan en ek het besef dis net Hy wat my werklik met vreugde en vrede kon vul. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om jou lewe aan ons kosbare Here oor te gee en Syne te word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui