Wie Is Werklik Jou Eerste Liefde?

"Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het." O2:4(Afr53)

Na die lees van Hoofstuk 2, van Die Wyse Vrou, het ek net weereens besef dat ek my aardse man altyd bo die Here gekies het en dat ons kosbare Here moes toelaat dat my aardse man my los, sodat ek Hom wat die Here is eerste kies en my Eerste Liefde maak. Ons moet die Here moet behaag, eers as om 'n mens te behaal en dat die Here dan juis sal sorg dat ons guns van mense af kry.

Nadat die Here my Eerste Liefde geword het, het ek net meer en meer besef dat Hy werklik die Enigste Een is wat my vrede en vreugde kan gee wat alle verstand te bowe gaan. So kosbare vrou ek will jou aanmoedig om die Here te behaag (nie jou man of jou kinders of enige ander mense nie) en Hom jou Eerste Liefde maak. Hy is die Een wat jou dan juis guns by daardie mense sal gee.

"Maar daar is een ding wat My baie ongelukkig maak en wat Ek nie kan oorsien nie. Julle is nie meer so lojaal en liefdevol teenoor My soos julle eers was nie." O2:4(DB)

2 thoughts on “Wie Is Werklik Jou Eerste Liefde?”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui