As Die Here Nie Jou Eerste Liefde Is Nie, Mis Jy Alles

"En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie." 1K13:3

Terwyl ek so na my nuwe gunsteling liedjie luister, dink ek hoe ek die hele punt van die lewe vir jare en jare gemis het. Na al die jare besef ek nou dat die Here daardie Liefde is waarvan daar in 1 Korinthiërs 13 gepraat word en as Hy nie ons Eerste Liefde is nie, baat dit ons niks nie.

Kosbare vrou moenie vir een oomblik dink ek sê dat die Here nie jou huwelik wil herstel nie, my punt is jy kan 'n herstelde huwelik hê, maar as die Here nie jou Eerste Liefde is nie, is dit nutteloos om 'n herstelde huwelik te hê. Ek het 'n herstelde huwelik gehad, maar die Here was nie toe my Eerste Liefde nie, so daardie huwelik het weer mislik, maar ek is dankbaar my huwelik het weer misluk, want daarna het ek die Here as my Hemelse Man ontmoet.

"Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word." J54:5

Kosbare vrou moenie so hunker na 'n aardse man en 'n herstelde huwelik dat jy die hele punt van die lewe mis nie en dit sê ek met al die liefde wat ek kan, want ek was daar...

2 thoughts on “As Die Here Nie Jou Eerste Liefde Is Nie, Mis Jy Alles”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui