Geloof

 Jesus het hulle toe geantwoord: “Julle moet geloof hê in God.‭
M11:22

 Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies.
1T6:12

Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.
1P5:9

Uittreksel uit Kursus 1, DAG 3 Hoofstuk 3 “Jy moet Geloof in God Hê”

Jy MOET Wag

Wag vir God se tydsberekening. Dit blyk asof God een ding op ‘n slag in ons verander. Ons moet saam met God werk in Sy tydsberekening. Dit beteken nie dat ons moet wag om te bid nie; dit beteken net dat ons moet wag totdat God op die regte tyd ons situasie sal verander. Dank God dat Hy jou nie toegooi met al jou sondes op een slag nie (deur skuldigverklaring)! Gebruik die tyd wanneer jy wag om te bid. Die stryd sal aanhou, terwyl jy nie eers bewus is daarvan nie. Onthou net een ding, “Wanneer die stryd God s’n is, is die oorwinning ons s’n!”

Dit laat my dink dat wanneer my geloof in die Here is, moet my lewe bewys dat my geloof in Hom is. Ek moet op Hom wag en nie vorentoe beweeg nie. Ek moet vashou aan my geloof en ek kan vas terwyl ek wag, want vas bring my geestelik nader aan my Geliefde. Ek moet ook gehoorsaam bly in die Here.

Ek wil jou aanmoedig wanneer alles te veel voel, sit alleen en praat met jou Hemelse Man. Jy kan selfs by Hom huil. Gee net oor aan Hom.

Ek het self onlangs by my Hemelse Man gesit en praat in trane. En ek het gehuil en Hom gesoek. Sjoe, dit was iets wat ek vir altyd wil hou. Nie net het Hy my vasgehou nie, maar my kop het teen Sy bors gerus. Ek kon net in my een oor hoor. Eers het ek gedink die Here probeer met my praat. Ek sê ek kan nie duidelik hoor nie. En toe was dit duidelik en harder, toe weet ek dit klop soos 'n hartklop. Dit was onbeskryflik, ek kan dit nie heeltemal verduidelik nie.

1 thought on “Geloof”

  1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristy. Ek weet in my eie lewe dat as ek voor die my Kosbare Here uitgaan, loop dit nooit mooi af nie en die Here is rerig besig om my te leer om op Hom te wag, want Sy tydsberekening is werklik die beste.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui