"Doen alles sonder kla of teëpraat." F2:14
Kosbare liefste vrou ek weet nie van jou nie, maar ek het al baie in my lewe gekla en nee dit het my niks gebaat nie. Die skrywer van "Prison To Praise" skryf hoeveel geleenthede (wat God hom kon leer hoe lief Hy hom het) het hy al laat verbybaan en hier moet ek nou herken ek het seker al miljoene geleenthede laat verbygaan met my geklaery.
Lees asseblief hierdie gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):
Ek was bly, en het besef dat as ek met die hele voorval gemor en gekla het sou dit my absoluut niks baat nie. Hoeveel geleenthede het ek laat verbygaan om toe te laat dat God my leer hoe lief Hy my het! Meeste van ons gaan rond en dra hierdie geleenthede as swaar laste, maar God het deur Christus verordineer dat al hierdie dinge 'n omwenteling kan wees soos hulle deur ons gaan en uitkom as vreugde!
Kosbare liefste bruid moenie dat 'n geleentheid, waar die Here jou iets kan leer, verby jou gaan omdat jy net kla nie. Wees saam met ons nou dankbaar:
Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Vandag is ek dankbaar vir my kinders.
Ek is dankbaar vir my Man se leiding en ondersteuning.
Ek is dankbaar vir my Geliefde se sorg en voorsiening,
Ek is dankbaar vir die wonderlike bruide wat Hy deur RMI in my lewe gestuur het.
Ek is dankbaar vir die reis waarop Hy my geroep het en dat ek my jare gelede na RMI gelei het.
Ek is dankbaar vir elke dame wie se lewe verander word nadat Hy hulle na RMI gelei het.
Ek is dankbaar om te lees hoe ons Geliefde in almal se lewens werk en die wonderlike dinge wat Hy doen.
Ek is dankbaar dat die Here Erin gelei het om die hulpbronne te skryf wat soveel lewens aangeraak en verander het, insluitend myne.
Ek is saam met jou dankbaar vir alles wat ons kosbare Here in jou lewe doen kosbare Adina en ek is ook dankbaar om te lees wat ons Liefing Here in almal se lewens doen, Hy is die Beste Ooit!
Ek is so baie baie dankie vir hierdie reis waarop my Liefling Here my vat om in alle omstandighede dankbaar te wees.
Ek is dankbaar vir die huis waarin ek bly en waar ek bly.
Ek is dankbaar dat my ouers saam my bly.
Ek is dankbaar vir die kar wat ek het en dat die Here elke keer saam met my ry.
Ek is dankbaar dat die Here toelaat dat ek so moeg is, want Sy krag word juis in my swakheid volbring.
Ek is dankbaar dat ek vandag oortyd kan werk vir ekstra geld en ek is ongelooflik dankbaar vir die Here se voorsiening en dat Hy altyd my Voorsiener is.
Ek is dankbaar dat die Here my nooit ooit los nie.
Vanoggend wil ek My Hemelse Vader dank omdat ek hier is waar ek is, en dat ek is wat ek is, en dat Hy my al soveel gevorm het.
Ek gaan deur ‘n moeilike situasie op die oomblik, en al raak dit my hart, kan ek my God nèt loof en prys.
As ek Hom nie gehad het nie, sou ek plat geslaan gewees het, maar anders as vorige beproewinge, weét ek dat Hy in beheer is en dat Hy vir my voorspoed beplan en nie teenspoed nie, en dit maak my rustig.
Baie dankie my God. Vir die goeie en die slegte. Mag U my lei na waarnatoe U my wil lei, en leer wat U my wil leer, en wys wat U my wil wys, met dit wat oor my pad gekom het. Op U vertrou ek. Dankie Here!
Liefste Betty, ons beproewinge word nie minder nie, ek wens dit het, maar dit doen nie 🤗 🙌MAAR hoe ons die beproewinge nou hanteer en daardeur gaan is soveel anders, want ons weet ons het ons Hemelse Man wat by ons is deur elke beproewing, niks vang Hom onkant nie, en Hy het ‘n wonderlike plan en doel vir elke beproewing wat ons in die gesig staar. Ons kan in Hom rus en Hom net loof want as Hy vir ons is, wie kan teen ons wees?
https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/allerhande-versoekinge/
Ek is saam met jou dankbaar kosbare Betty en ons wonderlike Here is beslis in beheer. Dit laat my nou dink aan hierdie pragtige leshttps://uiteindelikhoop.com/lewe-die-oorvloedige-lewe/h1/ dat ons kosbare Liefling Here jou rek vir ‘n groter doel.
I am grateful that my Heavenly Husband has given me another day with Him.
I am grateful that my Heavenly Husband has been with me during this week with the kids. during spring break.
I am grateful that He continues to hold my hand when I am tired of caring for my family.
I am grateful that my first son can start his physical therapy treatments for his back pain.
I am grateful that my second son had such a nice conversation with the lady at the library about what he wants to be when he grows up.
I am grateful that my daughter will find the best job for her. Which her Heavenly Father has already prepared for her and will give at the right time.
I am grateful for the things my Heavenly Husband gave me again this week for my house.
I am grateful that I can continue to look to the future with hope and a smile on my face. My Heavenly Husband has already gone before me. I don’t have to be afraid anymore.
~~~~~~~~~~~~~~
Ek is dankbaar dat my Hemelse Man vir my nog ‘n dag saam met Hom gegee het.
Ek is dankbaar dat my Hemelse Man by my was gedurende hierdie week saam met die kinders. tydens die lentevakansie.
Ek is dankbaar dat Hy aanhou om my hand vas te hou wanneer ek moeg is om vir my gesin om te sien.
Ek is dankbaar dat my eerste seun met sy fisioterapie-behandelings vir sy rugpyn kan begin.
Ek is dankbaar dat my tweede seun so lekker met die dame by die biblioteek gesels het oor wat hy wil word wanneer hy groot is.
Ek is dankbaar dat my dogter die beste werk vir haar sal vind. Wat haar Hemelse Vader reeds vir haar voorberei het en op die regte tyd sal gee.
Ek is dankbaar vir die dinge wat my Hemelse Man my hierdie week weer vir my huis gegee het.
Ek is dankbaar dat ek met hoop en ‘n glimlag op my gesig na die toekoms kan bly kyk. My Hemelse Man het reeds voor my gegaan. Ek hoef nie meer bang te wees nie.
Ek is saam met jou dankbaar kosbare Kristine, hierdie hele week gee my Liefling Here vir my hierdie pragtige belofte:
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. 2K12:9 https://www.bible.com/af/bible/5/2co.12.9
So Hy is beslis ons Krag wanneer ons moeg is.
Ek is dankbaar vir als wat die Here doen. Ek is dankbaar vir hou die Here voorsien het vir als toe my meisiekind mangels gekry het. Ek is dankbaar dat hy vir haar die jaar n juffrou gegee het wat soo liefde voel en omgee en hou hy haar klas met dubbel seen dat hulle nog n juffrou by gekry het wat haar student tyd doen. Ek dankbaar dat die Here my gehelp het wanneer ek moeg gevoel het en dat Hy my heeltyd help soos wat my liggaam detox van die rook. Sy naam kry al die glorie ek is vandag 18 dae skoon en is als te danke aan die Here my Geliefde Hemelse Man. Ek dankbaar dat Hy my die hele week gehelp het soos wat die vyand my probeer aanval het en probeer het om my vrede te steel. Maar my Geliefde Hemelse Man is sterker as hy.
Sjoe dankie Kristy dat jy gedeel het! 18 dae!!! 🙌🙌🙌🙌🙌 Net jou Geliefde kan jou die krag gee om dit te doen en by jou wees deur die moeilikste tye want Hy is al wat ons nodig het! Prys die Here vir jou meisiekind se juffrou en die student wat haar kan help.
Ek is dankbaar saam met jou kosbare Kristy en so dankbaar dat jy al 18 dae vry is van rook, wow die Here is wonderlik!
Wonderlike nuus Liefste Kirsty! 18 dae! Aan God alle eer!