As jy nie meer weet wat om te se nie

Daar is baie keer wat ek voel ek weet nie meer wat om te se nie, ek weet nie wat om te dink nie, en ek weet nie wat om te doen nie – alles is net te teveel! Daar was ‘n tyd wat ek met God gepraat het en vir hom gese het ek is moeg, ek kan nie eers meer vir myself bid nie want ek weet self nie wat in my hart en kop aangaan nie, dit is toe my wonderlike enigste Liefde my lei na Psalm 139:23: “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.” dit het vir my so uitgestaan, elke keer wat ek weer so voel dan se ek daai vers en so deur die dag openbaar die Here vir my goed wat Hy graag wil hĂȘ ek met Hom oor moet praat, WAT? is dit nie so wonderlik hoe die Here werk nie, en dis nie al nie vers 24 se: “kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie, lei my op die beproefde pad!” julle, dis so wonderlik Hy lei jou, Hy bring jou terug op die regte pad, beproefde pad!

1 thought on “As jy nie meer weet wat om te se nie”

  1. Dankie kosbare Mila, dis so mooi hoe ons wonderlike Here deur Sy woord met jou praat, die Here is waarlik wonderlik en dit laat my dink aan die lewensles week 3 en week 19 wat my so geraak het, want as ons nie weet wat om te sĂȘ of te doen nie, is Hy die Een wat ons lei:
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w3/
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w19/
    En so mooi vers wil ek ook hierby las:
    Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. M11:28-30

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui