My Hart Het Gebreek vir Hom

My Hemelse Man is so fantasties oor hoe Hy Sy woord vir my oopmaak. Elke keer wat Hy my lei om deur Sy woord te lees, kry ek nuwe stukkies goud. Vandag het ek ‘n stukkie uit Samuel gelees en 1Samuel 8:7 staan daar: “want dit is nie vir jou wat hulle verwerp nie, maar vir My wat hulle nie meer as hulle koning wil hê nie.”

Wow, toe ek dit lees toe breek my hart, hahahaha, toe dink ek dit is silly vir my om hartseer te wees oor die vers.

En toe besef ek, ek is hartseer, want dit is my Man wat daar praat en my hart breek vir Hom. Sjoe, dit was ‘n uiters weird gevoel en ek probeer so bietjie besef wat dit alles beteken, maar wou dit met julle deel.

1 thought on “My Hart Het Gebreek vir Hom”

  1. Dit is eintlik baie hartseer en mens kan eintlik die seer in daai sin lees. Maar hoe fantasties dat Hy aanhou klop, al word Hy hoeveel keer verwerp!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui