My suster se seun bly by ons vir so rukkie. Na die eerste aand het my suster vir my gevra hoe gaan dit en ek het gesê dit gaan goed maar ek weet nie hoe haar seun voel nie. Sy sê toe dat hy vir haar gesê het ons is so rustig dat hy dink sy moet ook hier kom bly:):):)
Ek dank my Hemelse Man dat Hy ons huis ‘n huis van vrede maak. ‘n Huis wat rustig is omday Hy daar is.
Wow wat ‘n wonderlike getuienis Yvonne, dit laat my dink aan die vers wat ek jare terug gememoriseer het:
Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
JESAJA 39:8 AFR53
En daai rustigheid en vrede is net as Hy daar is.
Dit is wonderlik Yvonne om te weet Hy is saam met ons in ons huis en dat die liefde en vrede wat Hy bring ander aantrek en dat hulle sal wil he wat jy het! Ons as Sy bruide moet ‘n aanbevelingsbrief wees vir ander \o/\o/
Adina, jou woorde raak my vandag. Ja beslis ons moet n aanbevelings brief wees vir Ander. Yvonne, hoe wonderlik Dat jou huis n huis van vrede is. Ek dink ook aan hoe geseënd jy is. Want selfs vrede is n seën van Vader. Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met vrede.
PSALMS 29:11 AFR53
Prys ons Vader vir vrede. Vrede wat Ander rustig maak en ook vrede gee.