Wie Is Jou Lig

"Die HERE is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees? Die HERE is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?" P27:1

Ek het dit al voorheen genoem, maar ek gaan dit weer noem, ek is mal daaroor wat ons kosbare Liefling Here doen!!! Net Sondag het ek op Encouraging Women gedeel dat Die Here Ons Donkerte Verlig en hier is vanoggend se My Beminde Oggendtoewyding oor wie ons Lig is. En beslis is dit nie pertoeval nie. 

Lees asseblief ook die skrywe wat ek Sondag geplaas het hier op die Afrikaans: Droom Groot - ek het gedeel dat ek voel asof ek deur 'n beproewing gaan oor my seun wat uittrek en ek wat dalk moet trek en ewe skielik nie weet watter kant toe nie en my Liefling Here vir my sê om groot te droom, want Sy gedagtes is nie myne nie en dat Sy weë nie myne is nie. Lewensles 73 was die daaropvolgende les om op die Sondag wat verby is te deel en dit was beslis ook nie pertoeval nie. Ek raak so opgewonde oor wat die Here doen, dat ek dit net moes deel.

En ek sit nou hier en dink: ons het twee keuses of ons vrees oor alles wat verkeerd kan loop of ons besef dat die Here ons Lig in die donkerte is en dat Hy beslis alles onder beheer het! En hoe meer ek myself met Sy Woord en beloftes vul en dankbaar is, hoe meer oorskadu dit al die vrees. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om jou te vul met al ons kosbare Liefling Here se beloftes en te onthou die Here is ons Lig en Redder, ons hoef niks te vrees nie!

"Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?" P27:1(DB)

2 thoughts on “Wie Is Jou Lig”

  1. Dit is pragtig Janine. Net gister sien ek ‘n “youtube Thumbnail” wat sê begin jou dag met Psalm 27 en vanoggend toe lees ons dit in ons Daaglikse toewyding. En hier lees ek nou vanoggend jou post. Wow, dit is so mooi. Jy is reg, of ons vrees oor alles wat verkeerd kan loop of ons vertrou Sy beloftes.

    1. Ek is mal daaroor as die Here so met ons praat kosbare Yvonne en jy sal nie glo hoeveel plekke het ek die week gehoor ons moet die Here vertrou en dat Hy ons Lig is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui