Wat Moet Ek Doen

"En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie." J58:11

Hierdie gedeelte wat Erin in Lewensles Week 84 "Wat Moet Ek Doen" gesê het, het vir my uitgestaan:

"As daar 'n bietjie seer is, enigiets wat gebeur, kan jy dit afskud en God vertrou. Natuurlik wil die vyand in jou kop kom."

Ek moet erken ek is 'n sensitiewe mens, so partykeer is dit ongelooflik moeilik vir my om iets af te skuld wat my ontstel, maar dit kom terug na die feit dat sonder Hom kan ons niks doen nie. En dit wys terug na hierdie Lewens Les - "Hy Lei My" dat ons moet toelaat dat ons kosbare Liefling Here ons met alles lei.

Kosbare vrou sukkel jy ook om iets af te skud wat jou ontstel het, onthou dan om dit nie op jou eie te probeer regkry nie en nie toe te laat dat die vyand in jou kop kom en jou ontmoedig nie. Onthou om alles na ons kosbare Liefling Here toe te neem, Hy is die Een wat ons wil help. So wat ons moet doen is om ALLES vir Hom te gee.

"My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

 

6 thoughts on “Wat Moet Ek Doen”

  1. Lieve Janine, ek herkent dit ook in my lewe dat dit lastig is om iets van my af te schudden waar ek my sorg oor maak. Ek is dankbaar dat ek steeds na Hom kan gaan om hulp te hê om te laat en van my af te schudden. Bedankt voor die mooie belofte wat jy deel “de Heer ZAL ons altyd lei en ons ziel verzadigen”
    ~~~
    Liewe Janine, ek herken dit ook in my lewe dat dit moeilik is om iets af te skud wat my bekommer. Ek is dankbaar dat ek altyd Hom toe kan gaan vir hulp om my late af te skud. Dankie vir daardie pragtige belofte wat jy deel “die Here SAL altyd ons verstand en siel versadig”

    1. Ek is net so dankbaar dat ek na ons kosbare Liefling Here toe kan gaan met enige iets kosbare Hanna. En ek is so dankbaar dat Hy my herinner om dit vir Hom dadelik te gee sodra ek dit nie gedoen het nie, want soms probeer ek nog self, net om dit nie reg te kry nie.

  2. ‘Bevestig my voetstappe in u woord, en laat geen ongeregtigheid my oorheers nie. ‘
    Psalm 119:133
    https://www.bible.com/es/bible/103/PSA.119.133
    Dankie Janine, dit is die beste medisyne, Soek meer van Ons Here en as die vyand dinge op my kop sit, sê ek net die Woord, en dit gee my krag, om te cope met wat my pla, of my vrede steel.

    1. Ek stem saam kosbare Liza God se Woord is beslis die beste medisyne. Ons kosbare Liefling Here het my jare gelede vrygemaak van depressie, deur Sy Woord.

  3. Ek vereenselwig my so baie met wat jy gedeel het, ek is ook baie sensitief en kan dinge maklik aantrek en dit my eie maak deur dit te glo. Maar my Geliefde het al baie met my daaraan gewerk, en dit word al hoe makliker, met Sy hulp, om dit net af te skud.

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Adina, ons werklik nie sonder Sy hulp regkry nie, dit bewys elke dag net meer en meer hoe afhanklik ek van Hom is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui