“Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit." J61:8
In Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 6 "Hulle Het Dit Nie" het Michele die Here gevra wanneer die moeilikheid met haar kaart sou stop en toe het die Here dit baie duidelik gestel: “Wanneer dit jou nie meer pla nie.” Ja beslis 'n EINA!
Lees ook asseblief hierdie gedeelte met die pragtige belofte aangehaal uit Hoofstuk 6:
So terwyl ek nog by die toonbank gestaan het, het Hy my herinner aan ‘n vers wat Hy daardie oggend vir my gewys het gedurende my tyd alleen saam met Hom. “In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. Ek is die HERE, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit” (Jesaja 61:7-8). Het jy dit gesien? Hy sê, Ek sal.
Ons geliefde Here het vandag weer so met my deur hierdie hoofstuk gepraat. Ek dra onnodige laste saam met my en laat onnodige goed my pla en ja laas week het dit vir my gevoel asof dit net nie stop nie. Dit gaan stop wanneer dit my nie meer pla nie, eina!
So kosbare vrou kom ons maak 'n punt daarvan om alles vir ons Geliefde Here te gee, kom ons laat Hom oorvat sodat dit ons nie meer pla nie.
Ek was ook baie belas, met dinge wat ek beslis nie kan oplos nie, maar ek moet aanhou om my laste vir die Here te gee, en dit te laat gaan. Ons Geliefde is getrou, en sal doen wat Hy beloof het.
Dankie Janine dat jy hierdie les gedeel het en my herinner het om dit net alles vir Hom te gee en nie dat die laste my meer pla nie.