Waar Is Jou Geloof

“Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê!” M11:22

Met vanoggend se pragtige oggendtoewyding het ek teruggedink hoe my geloof altyd in my aardse man was (dit klink eintlik verskriklik om dit so te stel, maar dis presies waar my geloof was).

As my aardse man vir my gesê het hy kom huis toe, was ek weer vol moed (en dit het nie net een keer gebeur nie, maar honderde kere) en as hy dan nie huis toe gekom het nie, het ek in depressie verval (maar deur ons kosbare Here se genade het Hy my verlos van depressie).

Vandag is my geloof in my Liefling Here (want bygesê my aardse man (hulle het dit nie), niemand kan vir ons doen wat ons Liefling Here kan doen nie). So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om nie jou geloof in jou aardse man, in jou baas of enige iemand anders te plaas nie, plaas al jou geloof in ons Liefling Here.

"En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!" R15:13

4 thoughts on “Waar Is Jou Geloof”

  1. dankie liefste Janine vir die pragtige boodskap vanogend. Ja ons moet ons vertroue op Hom sit net Hy kan als doen. En net Hy kan die onmoontlike doen.

  2. Dankie Janine, ja niemand anders as ons Geliefde het dit nie, Hy is ons ware Bron van alles! Mense is bankrot in elke opsig, emosioneel en finansieel, maar alles behoort aan ons Geliefde, ons moet Hom net vertrou met alles.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui