"Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys." P34:4
Laas naweek het Keziah en haar span die 3rde Wyse Vrou Toevlug weer in die Kaap gehou. Ons was so bevoorreg om die eerste een te kon bywoon, wat natuurlik lewensveranderend was, want daar het ek alleen saam met ons Geliefde Here gaan sit en Hom gevra om my asseblief te help vergewe (nadat Adina gedeel het oor Vergifnis).
Lees asseblief die pragtige getuienis wat 'n bruid met Keziah gedeel het:
Ek wil baie graag my bedanking betoon aan die RMI Bedieningsgroep vir n volmaakte naweek. Dit was n naweek wat ek nie maklik sal of gaan vergeet nie.
Ek het die naweek terdee geniet, daarheen gegaan met geen verwagtinge nie en was n bietjie senuweagtig om tussen n klomp vreemdelinge te wees. Maar ek wil net se dat die Here my gekies het om die toevlugsoord by te woon. Die Here ken my hart, Hy weet wat nodig was op hierdie spesifieke tyd in my lewe. Ek en die ander lieflike dames of soos ek hulle nou aanskou, my 'Susters' kon ons harte uit stort met mekaar, voor mekaar en baie belangrik ons kon dit by die voete van Here neerlê.
Dit was so hartroerend om almal se situasie en omstandighede te hoor en ek myself kon die pyn saam hulle voel. Daar was sekerheid aan ons toegewy dat die Here ons nooit sal verlaat ongeag ons omstandighede nie.
Dit was n volmaakte naweek met baie spirualiteit in ons midde.
Ek wil die RMI Bedienings groep hartlik bedank vir hulle toegewyde tyd, die liefde wat hulle gegee het en hulle bedagsaamheid. Dit is nie maklik nie, maar al 7 lesse gepaard met getuienisse was baie mooi en professioneel oorgedra aan ons en ons as kinders van die Here moet dit toe pas in die pad vorentoe. Daar is nie genoeg woorde om my dankbaarheid aan Keziah, Zara, Azaiah en Micah te beklemtoon nie maar weet dat ek is lief vir julle en ek bly biddend vir julle en die werk wat julle doen. Die werk van die Here!
Mag die bediening sterker, groter en verder uitbrei sodat ons die naam van die Here kan vekonding aan ieder en elk.
Alle seëninge aan die RMI Bediening
Liefde
Liezl Daniels
Kosbare Keziah dankie vir hierdie pragtige lofprys van kosbare Liezl. Ek het die grootste glimlag op my gesig oor wat ons Geliefde Here besig is om te doen. Dankie dat julle sy roep gehoor het en getrou doen wat Hy julle gevra het om te doen en ek weet Hy gaan nog baie vrouens aanraak.