Vrede

"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” J16:33

Ek het altyd sò baie om te sê, maar vandag weet ek nie eers waar om te begin nie. Al wat ek wel met my hele hart weet, is dat ek vandag hierdie lof moèt plaas.

2 tot 3 jaar terug het ek hierdie reis saam met my Liefste God begin. Eers net omdat ek sò bitter graag my huwelik herstel wou hê. Hy het elke moontlike pad vir my gelyk gemaak maar ek het elke afdraai pad wat ek kon, gevat.

Ek het hierdie avontuurlustige reis saam met Hom vir myself sò lank en sò moeilik gemaak omdat ek nie wou oorgee nie. Omtrent 3 maande gelede het ek net besef dat ek mòet opgee en alles net moet oorgee aan Hom. Dit was moeilik, maar by Hom is niks onmoontlik nie.

Die afgelope paar dae voel ek soveel vrede in my hart. Vandag het ek aan die rustigheid in my lewe gedink en begin wonder of ek nie dalk besig is om van Hom af weg te beweeg nie want ek het net nie meer die "baklei" in my nie ... en net daar het ek besef ... dis vandat ek oorgegee het. Ek het nie nòdig om te veg nie, want Hy veg vìr my! Ek kàn net stil wees en weet Hy is my God.

Vandag loof en prys en dànk ek my Hemelse Vader! Ek het sò lank gewag vir hierdie vrede wat net alle verstand te bowe gaan.

4 thoughts on “Vrede”

  1. Dankie Liefste Betty, toe ek volle toesig oor my kinders verloor het, het ek ook vrede gevind in die wete dat ek dit aan Hom kan oorgee. Eksodus 14:14 was die versie waaraan ek vasgehou het, want ek het geweet ek kan nie teen enigiets baklei nie, maar ek kan stil wees en weet dat my Geliefde Here vir my sal baklei.

  2. Dankie Betty vir jou getuienis. Hierdie vrede kan net in Hom gevind word. Dankie vir jou aanmoediging sodat ons aanhou om alles in Sy hande oor te gee…

  3. Betty, ek weet wat jy voel, want daardie vrede word net deur Ons Geliefde gegee, wanneer ons ons omstandighede sien en rustig kan wees. om Hom alles te laat doen. Dit is ‘n vrede wat ander nie verstaan ​​nie maar wat ons kan leef omdat ons weet dat dit van Ons Man af kom. Dankie mooi vir die deel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui