Vertrou Die Here In Jou Seer

"Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig." P23:4 

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 1 sê dat sy seker is dat "die donker diepstes" presies beskryf hoe jy oor jou situasie voel, maar dat God dit toegelaat het vir jou eie beswil.

Ek gaan nou iets sê wat ek nooit ooit gedink het ek sal sê nie, maar ek is dankbaar dat ons kosbare Liefling Here dit in my lewe toe gelaat het. En nee ek sou dit nooit ooit jare gelede eens gedink het nie. Ek was besig om myself te verwoes op daardie pad van selfvernietiging. Ek was so verlore en ek wil nie eens dink waar ek sou gewees het as dit nie vir die Here was nie.

Ja toe my eggenoot my gelos het, het dit soos die donkerste dieptes gevoel, maar vandag besef ek ons kosbare Liefling Here was al die tyd by my en ek is nog die hele tyd veilig in Sy hande. So kosbare liefste vrou vertrou die Here dat Hy dit vir 'n groter doel toegelaat het.

Lees asseblief hierdie raad wat die skrywer gee, aangehaal uit Hoofstuk 1:

"Die belangrikste ding wat jy nou moet doen is om “stil te wees en weet Ek is God…” (Ps. 46:10). Dan moet jy God se wil doen. Maak seker dat alles wat jy doen en alles wat jy sê volgens die Bybel is. Doen alles soos dit in die Bybel geskrywe staan.

God het geen begeerte dat jou huwelik vernietig moet wees nie. Daarby het Hy gesê, “Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Matt. 19:5–6). Die Here God van Israel sê ook “Hy haat egskeiding”. ‘Neem julle dan in ag ter wille van julle gees…’ (Mal. 2:16)."

2 thoughts on “Vertrou Die Here In Jou Seer”

  1. Baie dankie Janine. Ja, ek weet dat die Here dit in my lewe ook toegelaat het vir ‘n groter doel. Deur my huwelik wat inmekaar gestort het, het ek die Here ontmoet. My Beste Vriend en die Liefde van my lewe. Ek sou nooit kon droom van die lewe wat ek nou het nie. Selfs deur al die beproewings wat ek op die oomblik gaan, kan ek nogsteeds sê ek sou dit nie verruil nie, want ek weet dat Hy alles ten goede meewerk. Ek sukkel natuurlik nog van tyd tot tyd om my vrede te behou, maar dit is hoekom dit so wonderlik is dat Hy vir ons Sy Woord gegee het om ons te genees en te bemoedig.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Yvonne, ons Liefling Here laat alles beslis ten goede meewerk. Ek self Yvonne en die oomblik wat ek dit vir Hom oorgee neem Sy vrede oor. As ons dit net van die begin af vir Hom kan gee, maar ek weet met Sy liefde en genade is Hy ook besig om ons te leer om alles dadelik vir Hom oor te gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui