Tuisskool – My Dogter se Vraag

“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan." D667

Ek het laas keer gesê dat ek julle sal vertel van iets wat my dogter gevra het en dit was net nog 'n bevestiging dat tuisskool die regte ding was.

Soos julle weet moet ons kinders lewensorientering vat en van al die vakke is dit die een wat ek die grootste probleem het mee. Dit wat hulle in die vak leer is goed wat hulle by die huis moet leer en nie by die skool nie. Ek het al die probleem gehad lank voor ek begin tuisonderrig gee.

Die een dag toe moes my dogter leer van verskillende godsdienste en toe sy klaar deur die les gegaan het, was sy diep in gedagte en toe vra sy my: "Mamma, hoe weet ons dat tussen al die verskillende godsdienste ons s'n die regte een is."

Ek was baie verbaas oor haar diep vraag, want sy het besef dat nie al die godsdienste waar kan wees nie. Die ander ding is dat my Man my so rukkie terug voorberei het vir die vraag oor 'n boek wat ek gelees het. Toe kon ek met haar praat oor die bewyse dat ons die regte godsdiens het en ek moet sê dit was vir my lekker om die gesprek met die kinders te hê. Ek moet ook net hier byvoeg dat my dogter baie sulke tipe vrae het. Ons praat gereeld oor hoe dit in die hemel gaan lyk of wat gaan gebeur as ons die Here vir die eerste keer aangesig to aangesig sien.

Nooit in my wildste drome sou ek kon dink dat ek eendag sulke diep dinge met my kinders sou praat nie. Dit is glad nie hoe ek groot geword het nie.

Nadat ons gesels het, het ek later daaroor gesit en dink en gewonder. Wat sou gebeur het as my kind die vraag vir 'n onderwyser gevra het? Watse antwoord sou sy kry? Sou sy dan later huistoe gekom het en my kom vra het of sou dit alles net so in haar hart gebly het en later kon die vyand dit gebruik om haar te laat twyfel?

Na dit gebeur het, was dit weereens vir my bevestiging dat tuisskool my Man se plan was.

3 thoughts on “Tuisskool – My Dogter se Vraag”

  1. Dankie Yvonne, ek stem saam, LO was ook al lankal vir my ‘n probleem. Omdat ons tuisskool verskaffer ‘n Christelike onderrig verskaffer is, het ek agtergekom dat hul dit bietjie “buffer”. Ek glo hul kan nie die vak net verander soos hul wil nie omdat hul nog steeds die CAPS kurrikulum moet volg, maar hul bring meer Christelike sienings in as wat in die gewone skole se handboeke was.

    En ja, die voordeel is natuurlik dat ons nou die kinders se vrae kan beantwoord en ons Geliefde se leiding kan volg oor hoe om hierdie onderwerpe te hanteer wat op die kinders afgedwing word.

    1. Liewe Yvonne,
      Watter voorreg is dit nie om jou kinders die waarheid te leer en nie hoef te los vir die wêreld om hulle te onderrig nie.
      Jy is waarlik geseën om die waarheid te ken en dit met jou eie kinders te deel!
      Geniet en koester elke oomblik!

  2. Wat ‘n voorreg dat jy jou kinders kan tuisskool kosbare Yvonne. Ek onthou nog hoe ons saam gebid het dat ons kosbare Here vir jou weg sal maak om te tuisskool en hier is jy besig om getuienisse daaroor te deel, dit is beslis net ons kosbare Here se werk!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui