Tuisskool – Hoe ons ons skool gekies het

"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." P37:4

As jy tuisskool op die internet soek, is daar so baie opsies van verskillende tuisskool voorsieners. Maar ek het ook geweet waarna ek opsoek was, of liewers wat my Man in my hart geplaas het. Ek het 'n Afrikaans eerste taal voorsiener gesoek met Christelike curriculum. My voormalige man wou met die Engelse eerste taal voorsiener voortgaan wat die privaat skool waarin die kinders was voorheen gebruik het voor hul geforseer was om na ander voorsiener oor te gaan.

Ek het op die internet gesoek en daar was hele paar aanlynskole wat Afrikaans as eerste taal aanbied, maar Hy het my aandag op een spesifieke skool gevestig, ek het gaan lees oor hulle en hul volg wel CAPS, wat verpligtend is in Suid-Afrika, maar hul curriculum is op Christelike waardes gebasseer. Hul bied ook drie verskillende opsies aan; suiwer tuisonderrig, tuisonderrig met formele assesering en dan aanlyn skool.

Ek het die skakel met my vm gedeel aangesien die besluit nie net myne was nie. Hy het gese hy sal daarna kyk maar sy hart was nog steeds by die ander skool. Ek het dit net in my Man se hande gelos en geweet wat ook al gebeur, Hy is in beheer.

Paar dae later het my vm na my toe teruggekom en gese hy dink die Afrikaanse skool is die regte een en als klink vir hom goed. So my Man het dit uitgewerk en weereens vir my die begeertes van my hart gegee.

Ons het die opsie met formele assesering gekies en vir die eerste termyn betaal en baie vinnig die boeke gekry. Hul boeke is baie goed uiteengesit en jy kry die handboeke vir die kinders waarin hul, hul take doen, en dan die ouergidse met al die antwoorde in.

Omdat ons die opsie met formele assesering gekies het, kry hulle gedurende die termyn take wat ingehandig moet word, en skryf aan die einde van elke termyn eksamen. Die eksamen vraestelle en die take word ingescan en dan op hul toep ingehandig. Hul kry dan hul rapporte aan die begin van elke nuwe termyn.

Ons het nou die eerste twee termyne van ons eerste tuisskool jaar voltooi, en alhoewel ek nog baie het om te leer en dit partykeer moeilik is, weet ek ek kan net op my Geliefde vertrou om my elke dag te lei, want sonder Hom kan ek niks doen nie.

"Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee." F4:13

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Tuisskool – Hoe ons ons skool gekies het”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui