Stort Heel Eerste Jou Hart Teenoor Die Here Uit

“Want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede. Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie. D10:12-13

Ek het al voorheen gedeel toe ek na my vriendin Yvonne toe gehardloop het oor iets wat my ontstel het, toe ons kosbare Liefling Here vir my gesê het dat Hy wens ek hardloop so na Hom toe.

En ek moet sommer nou dadelik erken ek het weer gister daardie fout gemaak, want ek het agtergekom my seun het 'n leuen aan my vertel en ek was so ongelukkig daaroor en het daardie selfde vriendin gekontak, in plaas van om heel eerste na ons Liefling Here toe te hardloop. Ek was dankbaar dat sy geluister het, maar ek erken ek moes heel eerste na die Here toe gehardloop het, want net Hy kon my die vrede gee waarna ek op daardie oomblik gesmag het en net Hy kan die siutasie verander en vir goed gebruik.

Ek gaan sommer nou 'n punt daarvan maak om my ⭐Gebed Joernaal ⭐ in te vul, want ek weet ons kosbare Liefling Here wag gretig dat ek my hart teenoor Hom uitstort. So kosbare vrou ek wil jou ook aanmoedig om jou hart teenoor die Here uit te stort.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui